Makwassie is 'n klein dorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika.
Geskiedenis Die eerste sendingstasie noord van die Vaalrivier het hier ontstaan in 1822. Op 21 Julie 1823 is die eerste blanke persoon in die Transvaal in die dorp gebore vir die gesin Broadbents. Die dorp is in 1907 deur Charles Lacy Stratton gestig. Drie jaar later is dit tot dorpsgebied verklaar. In 1910 het Makwassie ook die eerste stadhuis in die Transvaal gebou. Die dorp ontleen sy naam aan die Makwassiestroom wat hier verby vloei. Die naam is glo afgelei van die Boesmanwoord vir die aromatiese wilde groenment wat op die oewers van die stroom groei. Die hoofspoorlyn het Makwassie in 1905 bereik.
Distrik Mielies, sorghum en grondbone is van die belangrikste gewasse wat verbou word. Die dorp spog ook met die eerste silo vir die berging van grondbone. Die R502 en die R505 streeksroetes kruis in die dorp.
Boorlinge Greyling Wentzel (1925 – 2013), eertydse Suid-Afrikaanse minister van landbou.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Broadbent-bouval
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Ligging
Kategorie:Nedersettings in Noordwes