Kranskop is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Geskiedenis Die dorp is in 1894 gestig as Hopetown. Om verwarring met die dorp Hopetown in die Noord-Kaap te vermy is die dorp na 'n nabygeleë koppie (1 155m) genoem. Die Zoeloenaam vir die dorpie is i'Tshe lika Ntumjambili (die rots met twee openinge). 'n Takspoorlyn vanaf Greytown het die dorp in 1914 bereik.

Distrik Die distrik is 1 057 km2 groot. Wattelplantasies is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit.

Sien ook Kranskop (koppie) Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal