Nguyễn Phú Trọng (14 April 1944 – 19 Julie 2024) is 'n Viëtnamese politikus wat sedert 2011 as die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Viëtnam dien. Trọng is Viëtnam se mees senior leier aangesien hy hoof van die party se sekretariaat, Politiburo en die Sentrale Militêre Kommissie is."Vietnam Communist Party boss Nguyen Phu Trong re-elected". BBC News. 27 Januarie 2016. Hy was tussen 2018 en 2021 die president van Viëtnam.

Biografie Nguyễn Phú Trọng is in 1944 in die Dong Hoi-kommune, Dong Anh-distrik van Hanoi, gebore. Sy amptelike biografie gee sy familie-agtergrond slegs as "gemiddelde boer". Hy het tussen 1963 en 1967 filologie aan Viëtnamese Nasionale Universiteit in Hanoi gestudeer. In Desember 1968 het hy amptelik 'n lid van die Kommunistiese Party van Viëtnam geword.

Hy het tussen 1968–1973, 1976–1981 en 1983–1996 vir die Tạp chí Cộng Sản (Kommunistiese Oorsig), die teoretiese en politieke agentskap van die Kommunistiese Party van Viëtnam (voorheen die Arbeidersparty), gewerk. Nguyễn Phú Trọng het van 1973 tot 1976 'n politiek-ekonomiese nagraadse kursus aan die Hoëvlak Nguyễn Ái Quốc Party Skool (nou die Hồ Chí Minh Nasionale Akademie vir Politiek en Publieke Administrasie) studeer. Hy het tussen 1991 en 1996 as die hoofredakteur van die Tạp chí Cộng Sản gedien.

Nguyễn Phú Trọng het in 1981 na die Sowjetunie gegaan om aan die Akademie van Wetenskappe te studeer en het in 1983 'n Kandidaat van Wetenskappe-graad (die Sowjetunie se ekwivalent van 'n doktorsgraad) in geskiedenis ontvang. In 1998 het Nguyễn Phú Trọng die party-afdeling betree wat aan politieke werk gewy is, wat hom een van die mees prominente Viëtnamese politieke teoretici gemaak het. Hy was later tussen 2001 en 2006 hoof van die party Sentrale Komitee se Teoretiese Raad.Mr. Nguyen Phu Trong

Nguyễn Phú Trọng is sedert Januarie 1994 lid van die party se Sentrale Komitee. Hy het in 1997 lid van die party se Politburo geword. Hy dien ook sedert 2002 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Viëtnam. Nguyễn Phú Trọng was vanaf Januarie 2000 tot Junie 2006 die sekretaris van die party se Uitvoerende Komitee in Hanoi wat hom die de facto hoof van die stadsowerheid gemaak het. Hy is op 23 Junie 2006 as voorsitter van die Nasionale Vergadering verkies."Vietnam confirms new leadership", BBC, 27 Junie 2006. Hy het die amp tot 2011 beklee. Op 23 Oktober 2018 is hy as die 10de president van die Sosialistiese Republiek van Viëtnam verkies na Trần Đại Quang se skielike afsterwe. Algemene sekretaris van die KPV Eerste termyn (2011–2016) Nguyễn Phú Trọng is in 2011 by die 11de Nasionale Kongres as die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Viëtnam verkies, wat hom die topleier van Viëtnam gemaak het.Vietnam: Foreign Policy and Government Guide International Business Publications, USA. – 2007– Page 8 "General Secretary Nông Ðức Mạnh – President Nguyễn Minh Triết – Prime Minister Nguyễn Tấn Dũng – National Assembly Chairman Nguyễn Phú Trọng""Nguyen Phu Trong elected Party Chief", Vietnam News Agency, 19 Januarie 2011."Nguyen Phu Trong elected Party General Secretary ", Nhan Dan, 19 Januarie 2011."Party Congress announces CPVCC Politburo members", VGP News, 19 Januarie 2011. Die 5de plenum van die 11de Sentrale Komitee het Nguyễn Phú Trọng as hoof van die Sentrale Bestuurskomitee vir Anti-Korrupsie verkies. "Tổng Bí thư sẽ làm Trưởng Ban Chỉ đạo phòng, chống tham nhũng ", Pháp luật & Xã hội, 16 Mei 2012."Party Central Committee's conference concludes", VOV Online, 15 Mei 2012. Tweede termyn (2016–2021) Op 27 Januarie 2016 is Nguyễn Phú Trọng deur die 1ste voltallige sitting van die 12de Sentrale Komitee as algemene sekretaris van die KPV herverkies. Op 72 jaar oud was hy die 12de Komitee se oudste lid.

Tydens sy tweede termyn het Trọng 'n groot veldtog teen korrupsie van stapel gestuur. Die Politburo het tussen 2017 en 2020 dissiplinêre stappe teen 110 senior partylede, insluitend drie Politburo-lede, een voormalige Politburo-lid, 10 Sentrale Komiteelede en 17 voormalige Sentrale Komiteelede. Van die dissiplinêre aksies het kriminele aanklagte behels.

Na die skielike dood van president Trần Đại Quang, het die Sentrale Komitee van die KPV vir Nguyễn Phú Trọng vir die presidentskap op 3 Oktober 2018 genomineer. Op 23 Oktober 2018 het die Nasionale Vergadering hom tot die amp verkies. Dit het Trọng die derde persoon ná Hồ Chí Minh (slegs in Noord-Viëtnam) en Trường Chinh gemaak om gelyktydig hoof van die kommunistiese party en die staat te wees. Derde termyn (2021–2024) Op 31 Januarie 2021 is Nguyễn Phú Trọng deur die 1ste Voltallige Sitting van die 13de Sentrale Komitee as algemene sekretaris herverkies. Hy is die eerste leier sedert Lê Duẩn (1969-1986) om meer as twee termyne te dien.

Verwysings

Kategorie:Viëtnamese politici Kategorie:Kommuniste Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2024