duimnael|links|150px|Jan van Riebeeck uit die skildery De Stichter deur E.C. Godée Molsbergen. Riebeeckstad is 'n voorstad van Welkom in die Vrystaatse Goudveld en is 5 km oos van Welkom se middestad.

Geskiedenis Die voorstad is in 1955 gestig, ontwikkel as 'n satellietdorp en genoem na Jan van Riebeeck. Dit is ontwikkel vir welgesteldes wat verkies het om nie tussen die skagtorings van Odendaalsrus, Allanridge of Welkom te woon nie.

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Sien ook Gereformeerde kerk Welkom-Noord

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat