Die Suidelike Orkneyeilande (Engels: South Orkney Islands, Spaans: Islas Orcadas del Sur) is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suide. Die Suidelike Orkneyeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Scotiasee in die noorde en die Weddellsee in die suide geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande geleë.

duimnael|links|Spaanstalige Kaart van die Suidelike Orkneyeilande duimnael|links|Basis op die Signy-eiland Die Suidelike Orkneyeilande word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) opgeëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eilande soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. Die Suidelike Orkneyeilande is na Orkney, 'n eilandgroep langs die kus van Skotland, genoem.

Eksterne skakels

Kategorie:Omstrede eilande Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Vulkaniese eilande