Die Volksrepubliek China Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; Elfde, omvattend hersiene uitgawe, 2017, : "China Chinese Chinees" (Mandaryn-Chinees: 中華人民共和國, pinyin: Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó; wat soms ook Rooi-China of dikwels net China of Sjina genoem word) is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (sien ook Republiek China). Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, sowat 1,4 miljard, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van China duimnael|links|In China se groot metropole begin met groeiende lewenstandaarde ook vroeë vorme van 'n burgerlike samelewing ontwikkel – met maatskaplik-verantwoordelike burgers Nog tot in die 16de eeu was China die hoogs ontwikkelde beskawing op aarde wat homself as die middelpunt van die wêreld beskou het – 'n land wat met sy handelsvloot op alle oseane gevaar en handel met alle wêrelddele gedryf het, 'n land waar tegnologiese en kulturele vooruitgang bewerkstellig is met uitvindings soos papier, buskruit, drukkuns, kompas en porselein. Die Volksrepubliek China het intussen 'n fase in sy ontwikkeling betree waar dit as ekonomiese, politieke en militêre grootmoondheid by hierdie verlede kan aanknoop om die Chinese Droom te verwesenlik.

Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n republiek, en in 1949, ná 'n lang oorlog tussen die nasionaliste en die kommuniste, ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die Kommunistiese Party van China (aanvanklik onder Mao Zedong) gelei. Die vestiging van 'n kommunistiese bewind volgens die voorbeeld van die Sowjetunie en 'n staatsbeheerde ekonomie word deur politieke ontleders en historici dikwels as die eerste van drie rewolusies in China se 20ste en 21ste eeuse geskiedenis beskou. Ten spyte van alle verwagtinge wat in die weste met die val van kommunisme in die Sowjetunie en die Oosbloklande in 1989 gekoester is, het China se kommunistiese stelsel geblyk om uiters stabiel te wees.

Meer onlangs het die Volksrepubliek China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld wat volgens sy ekonomiese beplanning tot 2049, wanneer dit die eeufees van die Chinese Rewolusie sal vier, tot die voorste nywerheidsland op aarde sal groei.

Vryheid van spraak word beperk en toegang tot die internet word streng beheer. Die hardhandige onderdrukking van die Tiananmen-plein-opstand in 1989 en die voortgesette onderwerping van die Tibettaanse volk vertroebel egter China se internasionale beeld. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Geografie duimnael|links|Die bergwêreld van Yunnan naby die grens met Mianmar Die Volksrepubliek China is die grootste land volgens oppervlakte in Oos-Asië en die derde of vierde grootste ter wêreld (afhangende van die siening oor die Eiland Taiwan); net Kanada en Rusland is groter, soms ook die Verenigde State. Die Volksrepubliek grens aan 14 lande: Afghanistan, Bhoetan, Mianmar (Birma), Indië, Kasakstan, Kirgisië, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tadjikistan en Viëtnam; meer as enige ander land ter wêreld behalwe vir Rusland wat eweneens aan veertien lande grens.

Die land is bergagtig met hoë plato's en die Taklamakan- en Gobi-woestyn in die weste en noordweste, heuwels en vlaktes in die ooste, waardeur die Yangtze- en Geelrivier seewaarts vloei, en subtropiese woude in die suidooste. Die Volksrepubliek China lê aan die Oos-Chinese See, die Geelsee en die Suid-Chinese See. Dit grens aan Mongolië in die noorde, Rusland en Noord-Korea in die noordooste, Viëtnam, Laos en Mianmar in die suide, Indië, Bhoetan, Afganistan en Nepal in die suidweste, Pakistan, Tadjikistan en Kirgisië in die weste, en Kasakstan in die noordweste.

Geskiedenis

Tweede Rewolusie duimnael|links|Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing – nuwe perspektiewe op China se toekomstige strategieë word geopen Die afsterwe van Mao Zedong en premier Zhou Enlai in 1976 en die kort en onbloedige magstryd, wat daarop gevolg het, het die weg gebaan vir die magsoorname van Deng Xiaoping in 1978. In sy beleid van staatkundige en ekonomiese hervormings, waarna hy later self as die «Tweede Rewolusie» sou verwys, het die sogenaamde «Vier Moderniserings» (四个现代化/四個現代化, Sì Ge Xiàndàihuà) sentraal gestaan. Oorspronklik is hierdie hervormingsbeleid reeds in 1963 deur Zhou Enlai geformuleer, maar eers deur Deng Xiaoping verwesenlik – met die modernisering van landbou, nywerhede, verdediging, en wetenskap en tegnologie. Dit het gepaard gegaan met die geleidelike oorgang van 'n bevel- tot 'n meer markgedrewe ekonomie waarin meer ekonomiese bevoegdhede aan besluitnemers op provinsiale en munisipale vlak verleen is.

Buitelandse ondernemings is uitgenooi om met uitgebreide handelsaktiwiteite en regstreekse beleggings deel te hê aan China se ekonomiese vooruitgang. Toe die Amerikaanse vervaardiger van sportskoene Nike in 1980 sy voorneme aangekondig het om aanlegte in Asiatiese lande te vestig, was die verwysing na China nouliks meer as 'n voetnota vir 'n baanbrekende proses waarvan al die implikasies eers later geëvalueer sou word – Thailand, Maleisië en die Filippyne is as meer belangrike produksielande geag. Bhu Srinivasan: Americana. A 400-Year History of American Capitalism. New York, NY: Penguin Press 2017, bl. 459: «Also, we began the long process of establishing the People's Republic of China as a source of production.»

Tot 1984 is veertien hawestede van spesiale ekonomiese sones voorsien waar buitelandse beleggers maklik met inheemse ondernemings kon saamwerk. Vanaf die middel- tot die laat 1990's is talle staatsondernemings – die tradisionele basis van China se stedelike ekonomiese sektor – ontbind om die vestiging van privaat ondernemings en die ontwikkeling van plattelandse streke te bevorder.

Anders as die politieke maghebbers in die Sowjetunie, dekades lank die invloedrykste kommunistiese staat ter wêreld, het China se leiers nie daarin belang gestel om teen die Verenigde State op militêre gebied opgewasse te wees nie ('n strategie wat uiteindelik misluk het), maar besluit om van hul land (omstreeks 1980 nog een van die armer state in Asië) en sy bevolking van een miljard die kapitalistiese wêreld se werkswinkel te maak en grootskaals tot die wêreldmark toe te tree.

Gedurende die ampstermyne van president Hu Jintao en premier Wen Jiaobao tussen 2002 en 2012 het China nuwe diplomatieke inisiatiewe geloods om na sy buurlande en die internasionale statewêreld uit te reik en hulle daarvan te oortuig dat die land se ekonomiese en buitelandse beleid aan vreedsame doelwitte gewy sou wees. 'n Beroep is op hulle gedoen om saam te werk tot wedersydse voordeel. Hierdie periode het sy hoogtepunt bereik met die opspraakwekkende Olimpiese Somerspele van 2008 wat in Beijing gehou is. In China se politieke kringe het die wêreldklas-sportfees 'n uitstekende reputasie aan die senior amptenaar besorg wat met die voorbereiding daarvan belas was – die nuwe lid van die Politburo en nuwe verrysende ster in China se politieke lewe, Xi Jinping. Elizabeth C. Economy: The Third Revolution. Xi Jinping and the New Chinese State. New York, NY: Cambridge University Press 2018, bl. 8

Derde Rewolusie – die Chinese Droom

Administratiewe indeling duimnael|Die Grotte van Yungang, Unesco-wêrelderfenis sedert 2001, in die provinsie Shanxi duimnael|Glasbrug oor die Zhangjiajie-ravyn, provinsie Hunan duimnael|Panoramiese uitsig oor die Vyf-Vingerpiek, 'n kwartsiet-sandsteen-rotsformasie in die Unesco-wêrelderfenisgeied Wulingyuan, provinsie Hunan Lys van administratiewe divisies van gebiede onder die beheer van die Volksrepubliek China: Provinsies Anhui (安徽) Fujian (福建) Gansu (甘肃) Guizhou (贵州) Hainan (海南) Hebei (河北) Heilongjiang (黑龙江) Henan (河南) Hubei (湖北) Hunan (湖南) Jiangsu (江苏) Jiangxi (江西) Jilin (吉林) Guangdong (广东) Liaoning (辽宁) Shaanxi (陕西) Shandong (山东) Shanxi (山西) Sichuan (四川) Taiwan Qinghai (青海) Yunnan (云南) Zhejiang (浙江)Outonome gebiede Guangxi Zhuang (广西壮族) Binne-Mongolië (内蒙古) Ningxia Hui (宁夏回族) Xinjiang (新疆维吾尔族) Xizang (西藏)

Munisipaliteite Beijing (北京) Shanghai (上海) Tianjin (天津) Chongqing (重庆)

Spesiale Administratiewe gebiede Hongkong (香港) Macau (澳门)

Politiek Kommunistiese Party

duimnael|18de Nasionale Kongres van die Kommunistiese Party van China in 2012 Die Kommunistiese Party van China (KPC) se gesag is in die Chinese grondwet verskans en mag nie aangetas word nie. So is daar ook geen werklike opposisie nie. Die party is volgens die beginsels van demokratiese sentralisme georganiseer. Partystrukture is identiek met staatsstrukture – so word die Nasionale Volkskongres deur die Sentraalkomitee van die KPC gevorm, terwyl die Permanente Komitee van die Nasionale Volkskongres gelykstaan aan die KPC se Politburo.

Al is meerdere politieke partye formeel toegelaat, vind samewerking tussen hulle en die KPC binne die raamwerk van die «gemeenskaplike stryd vir die opbou van 'n sosialistiese staat onder leiding van die KPC» plaas. So bestaan daar geen amptelike parlementêre opposisie nie.

Vanaf 1978 het die KPC 'n merkwaardige transformasie van 'n klasseparty tot 'n ekonomies liberale staatsparty ondergaan. So staan lidmaatskap in die party sedet 2002 oop vir alle lae van die samelewing, insluitende entrepreneurs. Terwyl vroeër 'n stryd tussen verskillende ideologiese faksies binne die KPC gewoed het, wedywer sedert 2006 entrepreneursverenigings, vakbonde, landbou-organisasies, munisipaliteite of intellektueles om invloed. So word daar met uitdruklike toestemming van die partyleiding 'n openbare diskoers oor kontroversiële onderwerpe gevoer.

Binne die KPC is daar tans drie groot strominge: Georg Blume: China ist kein Reich des Bösen: Trotz Tibet muss Berlin auf Peking setzen. Hamburg: Edition Körber 2008, bl. 87 Die Nuwe Linksgesindes staan krities teenoor die beleid van liberalisering en verwys op die negatiewe sosiale gevolge daarvan. Hulle pleit vir groter staatsinvloed. Neoliberaal gesindes pleit vir minder staatsinvloed in die Chinese ekonomie. Die Demokratiese Liberale dring op politieke hervorminge.

Demografie Verstedeliking In 2012 is vir die eerste keer in die geskiedenis van China meer as 50 persent van die bevolking in stedelike nedersettings gehuisves. In 2017 het hierdie syfer gestyg tot 58,7 persent. Daar word verwag dat die stedelike bevolking in die volgende vyftien jaar met 300 miljoen sal groei sodat omstreeks 2032 die een-miljard-kerf oorskry word. Die hoogs dinamiese verstedelikingsproses is een van die groot uitdagings vir die Chinese regering, onder meer as gevolg van toenemende omgewingsbesoedeling, vinnig groeiende verkeerstrome, 'n ernstige behuisingstekort met stygende huurgelde en eiendomspryse, 'n tekort aan gekwalifiseerde werkgeleenthede en kinderversorgingsfasiliteite, gebrekkige infrastruktuur en die afname van beskikbare landbougrond.

Om migrasiestrome na die grootste metropole Beijing en Shanghai te verminder, word kleiner miljoenestede aantrekliker gemaak deur makliker toegang tot onderwysinstellings en minder strenge toepassing van wetlike gesinsbeplanningsinstrumente.

Grootste stedelike nedersettings duimnael|Beijing duimnael|'n Nagtelike aansig van Tianjin, die vierde grootste Chinese metropool duimnael|Wuhan – brug oor die Yangtzerivier Die Volksrepubliek China het dosyne groot stede, insluitende 3 van die 55 globale stede.