duimnael|regs|280px|'n Syaansig van die kerkgebou.
duimnael|links|280px|Molteno is slegs 20 km van Sterkstroom geleë en die gemeente het dan ook bekendgestaan as NG gemeente Molteno-Sterkstroom, tot die NG gemeente Sterkstroom in 1891 afgestig het, 'n dekade ná Molteno-gemeente se afstigting.
duimnael|regs|200px|Die vooraansig van die kerkgebou.
Die NG gemeente Molteno is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die hoogliggende Oos-Kaapse dorp Molteno, genoem na die eerste Kaapse eerste minister, sir John Molteno, kampvegter vir verantwoordelike regering.
Stigting Die gemeente is in 1881 gestig en op 22 Julie daardie jaar vergader die eerste kerkraadslede, soos benoem deur die Ringskommissie van die Ring van Burgersdorp, onder voorsitterskap van ds. J.G.S. de Villiers, destyds predikant van die NG gemeente Tarkastad. Die eerste vergadering is op Sterkstroom gehou en die volgende dekade sou die vergaderings om die beurt daar en op Molteno self gehou word, totdat Sterkstroom in 1891 selfstandig geword het. Dit was weens die geografiese ligging van die gemeente wat die gesamentlike bearbeiding van die twee dorpies moeilik gemaak het, want hoewel hulle na aan mekaar lê, word hulle deur 'n bergpas geskei. Op die eerste vergadering is ook besluit dat die Heilige Nagmaal op Molteno bedien sou word.
Eerste leraar In 1883 is prop. J.F. Marais as eerste predikant van die gemeente georden. Hy vertrek in 1899 na Dordrecht en reeds in September daardie jaar word hy opgevolg deur ds. A.J. Pepler.
Naas die stigting en eerste leraar, was die volgende mylpaal in die gemeente se bestaan, die bou van die nuwe kerk. Die kerkraad het dié besluit op sy vergadering van 18 Februarie 1899 geneem. Die fondse vir die nuwe kerk is hoofsaaklik ingewin deur middel van die tiendestelsel. In Mei 1905 lê ds. A.J. Pepler die hoeksteen en op 20 April 1906 wy die gemeente sy indrukwekkende en stewige kerkgebou in.
Die gebou is opgerig op 'n straatblok wat altesaam 10 erwe beslaan. Die stigter van Molteno, George Vice, het die erwe aan die NG Kerk geskenk vir oprigting van 'n kerkgebou en terselfdertyd ook 10 erwe aan die Gereformeerde Kerk geskenk. Die koste van die gebou was destyds net £7 000. Hoe wel dit moeilik is om in hedendaagse geldwaarde om te skakel, is dit volgens sekere berekenings sowat R7,8 miljoen.'n Rekenaar vir die geskiedkundige waarde van verskeie geldeenhede. URL besoek op 20 Augustus 2013.
Latere ontwikkelings Die latere pastorie is gebou tydens die dienstyd van ds. J.F. Botha (1925 – '35) en baie is ook indertyd vir sendingwerk gedoen, onder meer die stigting van die sendinggemeente. Dit was juis in die dae dat die gemeente noustrop getrek het vanweë die Groot Depressie. Die volgende klompie leraar was di. P.J.J.S. Els (1936-'41), D.P.M. Beukes (1941-'45), P. Combrinck (1946-'49) en J. Claassen van 1949 tot hy in 1952 na Port Elizabeth se moedergemeente vertrek.
Enkele leraars Johannes Francois Marais, 1885–1899 Abraham Johannes Pepler, 1899–1925 J.F. Botha, 1925–1935 Petrus Jacobus Johannes Stephanus Els, 1936–1941 David Petrus Matthys Beukes, 1941–1945 Pieter Combrink, 1946–1948 Jacobus Claasen, 1949–1952 Hermanus Charles Kinghorn, 1952–1955 Jacobus Ernst Terblanche, 1955–1962 Willem Johannes Lubbe, 1962–1965 Johan Nicolaas Wilhelm de Jager, 1966 – 19 November 1968 (aanvaar sy emeritaat) Dewald Hattingh Davel, 2006 -
Galery Algemeen
Leraars
Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Raper, P.E., 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
Verwysings
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap