Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstegroepe. Dit doen sake in 33 lande ter wêreld, insluitende 17 in Afrika.
Geskiedenis Die bank is in 1962 gestig as die Suid-Afrikaanse plaasvervanger van 'n Britse oorsese bank wat ook Standard Bank genoem is, onder die naam Standard Bank van Suid-Afrika.
Die Britse bank se geskiedenis in Suid-Afrika dateer terug na 1862 toe 'n groep van sakemense, wat deur John Paterson gelei is, die bank in Londen gestig het, aanvanklik onder die naam Standard Bank van Britse Suid-Afrika. Die bank het in 1863 bedrywighede in Port Elizabeth begin, en kort daarna met 'n paar ander banke saamgesmelt.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste
Kategorie:Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse banke Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye