duimnael|300px|Soet, soeter en soetste – of dalk stout, stouter en stoutste?
Trappe van vergelyking is vorme van byvoeglike naamwoorde of bywoorde. 'n Byvoeglike naamwoord in Afrikaans kan drie vorme aanneem om die sterkte van die naamwoord aan te dui. As voorbeeld kan 'n voorwerp as groot, nog groter (meer as net groot) of as die heel grootste beskryf word. Soortgelyk kan 'n partytjie as lekker, nog lekkerder of as die heel lekkerste beskryf word.
Die middelste trap word die vergrotende trap genoem en die laaste trap die oortreffende trap. Die eerste trap is die basiswoord. Die vergrotende (tweede) trap is gewoonlik die basiswoord + die agtervoegsel 'er'. Die oortreffende (derde) trap is gewoonlik die basiswoord + 'ste'.
Voorbeelde Afrikaans Een klinker afgemat – afgematter – afgematste dik – dikker – dikste dom – dommer – domste dun – dunner – dunsteBurgers, M.P.O. 1957. Teach youself Afrikaans. Londen: The English University Press, bl. 59-61. krom – krommer – kromste knus – knusser – knusste mak – makker – makste slim – slimmer – slimste snel – sneller – snelste stil – stiller – stilste vet – vetter – vetste vol – voller – volste wit – witter – witste
LW: abrup – abrupter – abrupste (uit Nederlands: abrupt) abstrak – abstrakter – abstrakste (uit Nederlands: abstract) stip – stipter – stipste (uit Nederlands: stipt)
Een klinker + g Waarskynlik kan by "g" gekyk word na watter adjektief oorgeskakel word: daardie man is berug, dus is hy 'n berugte man. By berugte kan nou slegs 'n "r" toegevoeg word. Maar hierdie meneer is berugter as daardie man. So ook kan 'n vrou besadig wees; dus, 'n besadigde vrou. Hierby kan ook "r" toegevoeg word: Maar hierdie mejuffrou is besadigder as daardie vrou.
aaklig – aakliger – aakligste aamborstig – aamborstiger – aamborstigste aandagtig – aandagtiger – aandagtigste aanbevelenswaardig – aanbevelenswaardiger – aanbevelenswaardigste aanhalerig – aanhaleriger – aanhalerigste aanstellerig – aanstelleriger – aanstellerigste aanvallig – aanvalliger – aanvalligste aardig – aardiger – aardigste afgunstig – afgunstiger – afgunstigste afkeurenswaardig – afkeurenswaardiger – afkeurenswaardigste afskeperig – afskeperiger – afskeperigste afsydig – afsydiger – afsydigste afvallig – afvalliger – afvalligste agtelosig – agtelosiger – agtelosigste agterdogtig – agterdogtiger – agterdogtigste amegtig – amegtiger – amegtigste angstig – angstiger – angstigste angsvallig – angsvalliger – angsvalligste arglistig – arglistiger – arglistigste arig – ariger – arigste armoedig – armoediger – armoedigste armsalig – armsaliger – armsaligste berug – berugter – berugste (uit Nederlands, stellende trap: berucht) besadig – besadigder – besadigste (uit Nederlands, stellende trap: bezadigd) dig – digter – digste (uit Nederlands, stellende trap: dicht) eg – egter – egste (uit Nederlands, stellende trap: echt) gelukkig – gelukkiger – gelukkigste lig – ligter – ligste (uit Nederlands, stellende trap: licht) matig – matiger – matigste nodig – nodiger – nodigste sag – sagter – sagste (uit Nederlands, stellende trap: zacht) salig – saliger – saligste sleg – slegter – slegste (uit Nederlands, stellende trap: slecht) stug – stugger- stugste (uit Nederlands, stellende trap: stug)
Meer as een klinker (aa, ee, oo, uu) aangenaam – aangenamer – aangenaamste abnormaal – abnormaler – abnormaalste absoluut – absoluter – absoluutste adekwaat – adekwater – adekwaatste agteloos – agteloser – agteloosste akkuraat – akkurater – akkuraatste aktueel – aktueler – aktueelste akuut – akuter – akuutste algemeen – algemener – algemeenste amikaal – amikaler – amikaalste arbeidsaam – arbeidsamer – arbeidsaamste asemloos – asemloser – asemloosste asosiaal – asosialer – asosiaalste bleek – bleker – bleekste geel – geler – geelste groot – groter – grootste hopeloos – hopeloser – hopeloosste kaal – kaler – kaalste laat – later – laatste Laatste verwys na tyd (hoe laat is dit). Laaste na volgorde (laaste persoon oor die wenstreep). loom – lomer – loomste skoon – skoner – skoonste
LW: liggeraak – liggeraakter – liggeraakste (vergelyk Nederlands, stellende trap: lichtgeraakt)
Dubbele klinkers + g Hier word die "g" by die vergrotende trap weggelaat, vergeleke met die Nederlands. Moeg is een van die uitsonderings.
droog – droër – droogste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: droger) hoog – hoër – hoogste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: hoger) laag – laer – laagste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: lager) leeg – leër – leegste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: leger) moeg – moeër – moegste (in Standaardnederlands is moe die stellende trap, en moeër reeds die vergrotende trap. Moeg is egter wel te vinde in gewestelike Nederlands, net soos muug, meug, moede, moei en moej)Etymologiebank.nl, s.v. "moe" ruig – ruier – ruigste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: ruiger) traag – traer – traagste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: trager) vaag – vaer – vaagste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: vager) vroeg – vroeër – vroegste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: vroeger)
Dubbele klinkers of konsonante vuil – vuiler – vuilste koel – koeler – koelste
Dubbele klinkers + d Hier word die "d" by die vergrotende trap weggelaat, vergeleke met die Nederlands. Wreed is een van die uitsonderings.
breed – breër – breedste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: breder) koud – kouer – koudste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: kouder) oud - ouer – oudste (vergelyk die Nederlands, vergrotende trap: ouder)
LW: Sekere woorde behou die "d" (sien ook Uitsonderings onder) benoud – benouder – benoudste wreed – wreder – wreedste
Woorde wat op -nd of -nt eindig (-nd) aangrypend – aangrypender – aangrypendste aanmatigend – aanmatigender – aanmatigendste aanvallend – aanvallender – aanvallendste afmattend – afmattender – afmattendste afskrikwekkend – afskrikwekkender – afskrikwekkendste afskuwekkend – afskuwekkender – afskuwekkendste afwisselend – afwisselender – afwisselendste angswekkend – angswekkender – angswekkendste argwanend – argwanender – argwanendste bekend – bekender – bekendste
(-nt) amusant – amusanter – amusantste arrogant – arroganter – arrogantste astrant – astranter – astrantste attent – attenter – attentste
Woorde wat op 'n '-e' (as adjektiewe of verlede/voltooide deelwoorde) eindig In Engels kry byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) met meer as twee lettergrepe meer (more) by die vergrotende trap en mees (most) by die oortreffende trap, bv. more interesting. In Afrikaans werk dit anders: dit het niks met die aantal lettergrepe te make nie. In die reël kry byvoeglike naamwoorde wat op -e en verlede deelwoorde wat as byvoeglike naamwoorde gebruik word, meer by die vergrotende trap en mees by die oortreffende trap. Daar moet gewaak word teen die foutiewe gebruik van dubbele vergrotende en oortreffende trappe, soos *meer interessanter en *mees interessantste. Vroeër is dit ook as 'n Anglisisme beskou om mees interessante in plaas van interessantste te gebruik.Potgieter, J.S. & Van Rooyen, P.G. 1981. Die Suid-Afrikaanse leerlinggids. Vierde uitgawe. . Pretoria: Maskew Miller, bl. 110-112.
By sommige woorde, soos welkom, in welkome brief, word 'n -e toegevoeg. Vergelyk ook:
belangrik(e) – meer belangrik(e) – mees belangrik(e)
afgeleë – meer afgeleë – (die) mees(te) afgeleëVan der Merwe, C.P., Kempen, W. & Meyer, P.S. s.j. Ons Moedertaal vir Standerd VI. Derde uitgawe. . Kaapstad: Nasou, bl. 48-49. belese – meer belese – mees belese beskadig – meer beskadig – mees beskadig beskeie – meer beskeie – mees beskeie besope – meer besope – mees besope bewoë – meer bewoë – mees bewoë ekomonies – meer ekonomies – mees ekonomies ervare – meer ervare – mees ervare gedwee / gedweë – meer gedwee / meer gedweë – mees gedwee / mees gedweë geëerd – meer geëerd – mees geëerd geslaag – meer geslaag – mees geslaag geslepe – meer geslepe – mees geslepe geveins – meer geveins – mees geveins opgewonde – meer opgewonde – mees opgewonde opgeruim – meer opgeruim – mees opgeruimd(e) opwindend – meer opwindend – mees opwindend(e) romanties – meer romanties – mees romanties verlate – meer verlate – (die) mees(te) verlate verafgeleë – meer verafgeleë – mees verafgeleë verleë – meer verleë – mees verleë tevrede – meer tevrede – mees tevrede tragies – meer tragies – mees tragies(e) welkom – meer welkom – mees welkom
LW: Soms kry van die woorde ook die uitgange -(n)er en -(n)ste: afgeleë – afgeleëner – afgeleënste -- (Nederlands: afgelegen) afgetrokke – afgetrokkener – afgetrokkenste beskeie – beskeidener – beskeidenste bewoë – bewoëner – bewoënste gedwee / gedweë – gedweër / gedweëner – gedweeste / gedweënste geslepe – geslepener – geslepenste ervare – ervarener – ervarenste tevrede – tevredener – tevredenste verlate – verlatener – verlatenste verleë – verleëner – verleënste
LW: Soms kry van die woorde ook die uitgange -(d)er en -(d)ste: opgeruim – opgeruimder – opgeruimdste -- (Nederlands: opgeruimd)
Woorde wat op 'n '-lik' of '-rik' of '-ryk' eindig aandagtiglik – aandagtigliker – aandagtiglikste aanbiddelik – aanbiddeliker – aanbiddelikste aandoenlik – aandoenliker – aandoenlikste aanhanklik – aanhankliker – aanhanklikste aanloklik – aanlokliker – aanloklikste aanmerklik – aanmerkliker – aanmerklikste aanneemlik – aanneemliker – aanneemlikste aansienlik – aansienliker – aansienlikste aanskoulik – aanskouliker – aanskoulikste aansteeklik – aansteekliker – aansteeklikste aanstootlik – aanstootliker – aanstootlikste aantreklik – aantrekliker – aantreklikste afgryslik – afgrysliker – afgryslikste afhanklik – afhankliker – afhanklikste afsigtelik – afsigteliker – afsigtelikste afskuwelik – afskuweliker – afskuwelikste afstootlik – afstootliker – afstootlikste agterlik – agterliker – agterlikste avontuurlik – avontuurliker – avontuurlikste belangrik – belangriker – belangrikste kleurryk – kleurryker – kleurrykste lelik – leliker – lelikste maklik – makliker – maklikste onafhanklik – onafhankliker – onafhanklikste ryk – ryker – rykste wonderlik – wonderliker – wonderlikste
Woorde wat op 'n 'r' eindig aantoonbaar – aantoonbaarder – aantoonbaarste aanvaarbaar – aanvaarbaarder – aanvaarbaarste aanvegbaar – aanvegbaarder – aanvegbaarste aanwendbaar – aanwendbaarder – aanwendbaarste afwendbaar – afwendbaarder – afwendbaarste agterstevoor – agterstevoorder – agterstevoorste arbitrêr – arbitrêrder – arbitrêrste baar – baarder – baarste bitter – bitterder – bitterstePotgieter, D.J. & Geldenhuys, A. 1939. Afrikaans for English-speaking students. Part 1. Fifth Edition. Fifth impression. Cape Town: Juta & Co. pp.82-84Potgieter, D.J. 1942. Juta se Nuwe Afrikaanse grammatika vir middelbare skole met oefeninge. Vyfde uitgawe, vierde druk. Kaapstad: Juta & Kie. bl. 65-67. dapper – dapperder – dapperste donker – donkerder – donkerste dor – dorder – dorste duur – duurder – duurste goor – goorder – goorste helder – helderder – helderste honger – hongerder – hongerste lekker – lekkerder – lekkerste maer – maerder – maerste naar – naarder – naarste raar – raarder – raarste seer – seerder – seerste skor – skorder – skorste suur – suurder – suurste swaar – swaarder – swaarste teer – teerder – teerste ver – verder – verste
Woorde wat op 'n 'r' + '(x)' eindig Hierdie patroon volg gewoonlik die reël : -er, -ste.
absurd – absurder – absurdste arm – armer – armste hard – harder – hardste skerp – skerper – skerpste sterk – sterker – sterkste swart – swarter – swartste warm – warmer – warmste
LW: let ook op vars, in die volgende afdeling, wat ook 'n -ste bykry, as varsste.
Woorde wat op 'n 's' eindig agterbaks – agterbakser – agterbaksste alledaags – alledaagser – alledaagsste ambisieus – ambisieuser – ambisieusste anders – anderster – andersste