Borger-Odoorn, Nedersaksies: Börger-Oring, is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 26 000 inwoners (2011), 'n oppervlakte van 278 km² en is in 1998 gestig deur die samevoeging van die munisipaliteite Borger en Odoorn. Exloo is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Borger-Odoorn lê in die weste op die Hondsrug. Die oostelik deel van die munisipaliteit word gevorm deur veendorpe, wat grens aan die veendorpe in die provinsie Groningen.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Borger-Odoorn: Boermastreek, Borger, Bronneger, Bronnegerveen, Buinen, Buinerveen, Drouwen, Drouwenermond, Drouwenerveen, Eerste Exloërmond, Ees, Eesergroen, Eeserveen, Ellertshaar, Exloërkijl, Exloërveen, Exloo, Klijndijk, Nieuw-Buinen, Odoorn, Odoornerveen, Tweede Exloërmond, Tweede Valthermond, Valthe, Valtherblokken, Valthermond, Westdorp en Zandberg (gedeeltelik).
Naburige munisipaliteite
300px|links|duimnael|Nederland se grootste hunebed lê by Borger
Kategorie:Munisipaliteite in Drenthe