Die Ou Dorpshuis aan Groentemarkplein in die Kaapse middestad huisves die Michaelis-versameling.

Die gebou is in 1761 opgerig. Dit was oorspronklik die Burgerwaghuis, daarna die burgesentrum en nog later Kaapstad se raadshuis. Die huidige stadsaal het dit in 1905 vervang en dit word nou bewaar as 'n nasionale gedenkwaardigheid wat die Michaelis-versameling van ou Nederlandse en Vlaamse skilderye huisves. Die hoogtepunt van die versameling, wat sir Max en lady Michaelis geskenk het, is 'n vroulike portret geskilder deur Frans Hals in 1644. Die skildery is waarskynlik die waardevolste in Suider-Afrika.

Geskiedenis Die gebruik van die Ou dorpshis as kunsgalery is te danke aan die inisiatief van Lady Florence Phillips, die vrou van die mynmagnaat, Lionel Phillips. Lady Phillips het die Britse kunsversamelaar, Hugh Lane (later Sir Hugh Lane), gevra om 'n aantal kunswerke van ou Nederlandse meesters te versamel, wat later die basis vir 'n kunsmuseum in Suid-Afrika kon wees. In 1914 het sy haar vriend Max Michaelis (later Sir Max Michaelis) oorreed om die Lane-versameling te koop en aan die Suid-Afrikaanse volk te skenk. Die Stadsraad van Kaapstad het die Ou Dorpshuis beskibaar gestel om die kunsversameling te huisves en die argitek Joseph Solomon is opdrag gegee om die gebou te restoureer. Die Ou dorpshuis was Kaapstad se eerste kunsgalery en is ge-open in 1916.

Skilderye in die Michaelis-versameling

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Kunsmuseums en galerye van Suid-Afrika