Marie-Fleur (Fleur) Agema (gebore 16 September 1976 in Purmerend) is 'n Nederlandse politikus wat aan die politieke party Party vir die Vryheid (PVV) behoort. Sedert 2 Julie 2024 is sy die minister van Volksgesondheid, Welsyn en Sport en eerste adjunk-premier in die Schoof-kabinet.
Van 2003 tot 2007 was sy 'n lid van die Provinsiale State van Noord-Holland, tot 2004 voor die Lys Pim Fortuyn (LPF), daarna as partylose.
Van 30 November 2006 tot 2 Julie 2024 was sy 'n lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal gewees.
Agema het argitektuur gestudeer en by 'n argitekteburo gewerk. Sy het 'n relasie met Léon de Jong, 'n voormalig lid van die Tweede Kamer vir die PVV.
Eksterne skakels
Eie webwerf M. (Fleur) Agema, Parlement.com
Kategorie:Nederlandse adjunk-premiers Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense