Puebla de ZaragozaCuetlaxcoapan 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Deelstaat 20px|raam Puebla Koördinate  Gestig op 16 April 1531 Oppervlakte:    - Totaal 534,32 vk km  Hoogte bo seevlak 2 135 m Bevolking:    - Totaal (2020) 1 692 181  - Bevolkingsdigtheid 2 619/vk km  - Metropolitaanse gebied 3 199 530 Tydsone UTC -6 (CST) Somertyd UTC -5 (CDT) Klimaat    - Tipe Subtropiese klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 17,2 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 13,9 / 18,4 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 961,2 mm Burgemeester Eduardo RiveraPérez Amptelike webwerf puebla.gob.mx

Puebla de Zaragoza ([ˈpweβla], Spaans: Heroica Puebla de Zaragoza, vorige koloniale naam: Puebla de los Ángeles; Nahuatl: Cuetlaxcoapan) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Puebla en dit is op 16 April 1531 deur Spanjaarde onder Fray Julían Garcés en Juan Salmerón gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 692 181 en van 3 199 530 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 534,32 km².

duimnael|links|Die Iglesia de Puebla duimnael|links|Die Regeringsgebou van die deelstaat Puebla duimnael|links|Die Portal Hidalgo en die munisipale paleis in die historiese sentrum Puebla de Zaragoza is geleë net suidoos van die metropolitaanse gebied van Meksikostad en word deur die twee aktiewe vulkane Iztaccíhuatl en Popocatépetl van die hoofstad geskei. Puebla de Zaragoza is die vierde grootste stad van Meksiko ná Meksikostad, Guadalajara en Monterrey.

Ná die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog het die stad 'n belangrike kulturele sentrum van dié land geword. Die Spaanse naam Heroica Puebla de Zaragoza is afgelei van 'n Meksikaanse oorwinning tydens die Franse inval in 1862. Puebla de Zaragoza word beskou as een van die mooiste stede van Meksiko, met geboue, wat dateer uit die koloniale tydperk asook moderne Meksikaanse argitektuur. Die historiese sentrum van Puebla de Zaragoza is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Hoofstede in Meksiko Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko