Mombasa 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie Coast Koördinate Stigting 11de eeu Oppervlakte: - Totaal 220 vk km Hoogte bo seevlak 50 m Bevolking: - Totaal (2019) 1 208 333 - Bevolkingsdigtheid 5 492/vk km Tydsone UTC+3 (OAT) Burgemeester AbdullswamadShariff Nassir Amptelike webwerf mombasa.go.ke
Mombasa is 'n kusstad van Kenia aan die Indiese Oseaan. Die stad staan bekend as die wit-en-bloustad weens sy geboue se kleurskema. Mombasa is die land se oudste (ongeveer 900 n.C.) en die naasgrootste stad ná die hoofstad Nairobi, met 'n bevolking van 1 208 333 volgens die 2019-sensus. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 295 km² en sy metropolitaanse gebied is die naasgrootste in die land en het 'n bevolking van 3 528 940.
Geskiedenis duimnael|links|Fort Jesus in Mombasa In 1498 het die Portugese ekspedisie onder Vasco da Gama die huidige Mombasa bereik. Ná 1593 was dit die sentrum van Portugese kolonies aan die Oos-Afrika-kus en in 1638 het dit 'n kolonie van Portugal geword.
In 1698 het die stad onder die beheer van die heerser van Oman gekom. In 1837 het die stad onder die sultan van Zanzibar se beheer geval.
In 1875 is Fort Jesus, wat deur die Portugese in Mombasa gebou is, deur twee Britse kanonbote aangeval. Ná 'n artilleriegeveg is die fort bestorm en die tydperk van Britse heerskappy in Oos-Afrika het begin.
Vervoer duimnael|links|'n Marksaal in Mombasa Mombasa is die belangrikste hawe van Kenia, sowel as die beginpunt van die Mombasa-Nairobi-Kisumu-spoorweg, vanwaar die lyn na die grens met Uganda loop.
Daar is 'n internasionale lughawe wat Moi heet. Dit is genoem na die voormalige Keniaanse president Daniel arap Moi. Die lughawe is op 'n hoogte van 61 meter bo seevlak geleë en het twee aanloopbane: aanloopbaan 1 is 3 350 meter lank en aanloopbaan 2 1260 meter.
In populêre kultuur In die fliek "Out of Africa" is Mombasa 'n plek waar Europeërs deur die Suezkanaal reis. "One-Way Ticket to Mombasa" is 'n Finse dramarolprent uit 2002 wat deur Hannu Tuomainen geregisseer is. Die meeste van die gebeure in die roman "Consummation in Mombasa" deur die Moskouse skrywer Andrei Goesev uit 2017 vind plaas in Mombasa en die nabygeleë Mtwapa-distrik. Mombasa is'n gewilde liedjie en musiekvideo met dieselfde naam "Mombasa" (2020) deur Jabali Africa.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Mombasa
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Kenia