WhakataneWhakatāne 300px|center|Whakatane Ligging 100px|center|Kaart van Nieu-Seeland 100px|center|Kaart van Nieu-Seeland se Noordeiland wat die ligging van Whakatane aandui Basiese gegewens Māori-nedersetting: Omstreeks 1200 Stigting van distrik: 1976 Bevolking: 34 400Statistics New Zealand - Subnational Population Estimates (30 Junie 2009) Oppervlakte: 4 442,07 km² Bevolkingsdigtheid: 7,7 inwoners/km² Geografiese ligging: Tydsone: NSST (UTC+12)Somertyd: UTC+13 Internet: www.whakatane.govt.nz Administratiewe verdeling Staat: Nieu-Seeland Administratiewe gewes: Bay of Plenty Burgemeester: Colin Holmes
Whakatane (uitgespreek as ɸakaˈtaːne in Māori; fɒkəˈtɑːni of /hwɒkəˈtɑːni/ in Engels) is 'n nedersetting in die ooste van die Nieu-Seelandse administratiewe gewes Bay of Plenty op die Noordeiland. Whakatane dien as die setel van die Gewestelike Raad van Bay of Plenty. Die dorp is in die suide van die Bay of Plenty geleë, 90 kilometer oos van Tauranga en 89 kilometer noordoos van Rotorua aan die monding van die gelyknamige rivier.
Whakatane het 'n bevolking van sowat 18 700 in die dorpsgebied en 'n bykomende 15 700 in die groter Whakatane-distrik. Van die totale bevolking van 34 400 is sowat 40 persent van Māori-afkoms.
Whakatane speel 'n belangrike rol in Māori-oorlewerings: hier het die eerste Polinesiese ontdekkers voet aan wal gesit, en ook die Māori se soetpatat kumara is vanuit hierdie streek oor die hele land versprei. Die huidige dorp se ekonomie baseer op houtverwerking, tuna-visvangs en toerisme. Die aktiewe White Island-vulkaan, wat sowat 50 kilometer van die kus af geleë is, is 'n toeristetrekpleister.
Verwysings
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Nieu-Seeland