Palestina (Arabies: فلسطين, Filasṭīn, [fɪ.las.tˤiːn]), amptelik die Staat Palestina (Arabies: دولة فلسطين, Dawlat Filasṭīn), is 'n land met omstrede status, geleë in Wes-Asië, en word deur Israel beset en geëis. Die Staat Palestina is deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie verklaar op 15 November 1988 Berchovitch and Zartman, 2008, p. 43. en word deur meer as 134 lande erken. Palestine, Palestinians and International Law, Francis A. Boyle, Clarity Press, September 1, 2009, , bl. 19: "As I had predicted to the PLO, the creation of [a] Palestinian State was an instantaneous success. Palestine would eventually achieve de jure diplomatic recognition from about 130 states. The only regional hold-out was Europe and this was because of massive political pressure applied by the United States Government." Op 31 Oktober 2011 het Palestina 'n lid van Unesco geword unesco.org: General Conference admits Palestine as UNESCO Member State en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem. reuters.com: Palestinians win implicit U.N. recognition of sovereign state Palestina bestaan uit die Gasastrook en die Wesoewer. : "Saeb Erekat, disagreed arguing that the Palestine Liberation Organisation had already declared independence in 1988. "Now we need real independence, not a declaration. We need real independence by ending the occupation. We are not Kosovo. We are under Israeli occupation and for independence we need to acquire independence". Pages 44-49 of the written statement submitted by Palestine , 29 January 2004, in the Internasionale Geregshof Advisory Proceedings on the Legal Consequences of the Construction of a Wall in the Occupied Palestinian Territory , referred to the court by U.N. General Assembly resolution A/RES/ES-10/14 (A/ES-10/L.16) adopted on 8 December 2003 at the 23rd Meeting of the Resumed Tenth Emergency Special Session.
duimnael|links|Internasionale erkenning van die Staat Palestina in groen duimnael|links|Stemresultate van die VN-waarnemer-status stemming: Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.
Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word en geniet sedert 2012 die status as 'n waarnemer-land sonder lidmaatskap in die Verenigde Nasies – wat die erkenning van staatskap impliseer. Dit is 'n lidland van die Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, G77 en die Internasionale Olimpiese Komitee asook ander internasionale organisasies.
Inleiding duimnael|links|Die Bybelse beskrywing van die land van die Filistyne identifiseer vyf stadstate: Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron duimnael|links|Ligging van die Romeinse provinsie Palestina Die gebied wat om tussen die Middellandse See en die Jordaanrivier uitstrek, het in die loop van sy veelbewoë geskiedenis verskeie name gehad. Een van die algemeenste name was Palestina, wat ontleen is aan die Filistyne, wat aan die suidkus gewoon het en by herhaling aanvalle gedoen het op die bevolking dieper die binneland in.
Die Griekse reisiger en geskiedskrywer Herodotos (ca. 485–430 v.C.) het die gebied Sirië hê palaistine genoem en daarmee bedoel die Filistynse Sirië om dit van die Feniciese Sirië te onderskei. Volgens opgrawings in die omgewing van Filistia hou die Filistynse pottebakkerswerk verband met die van beskawings uit die omgewing van die Egeïese See en daar word aanvaar dat die Filistyne van hier opgetrek het na Egipte, waaruit hulle verdryf is.
In die tempel van Ramses III van Egipte naby Thebe is inskripsies gevind wat vertel van die koning se veldtog teen invallende seevolke (omstreeks 1190 v.C.), onder wie die Filistyne of prst, soos dit in die ou tekste aangegee is (r verteenwoordig die l- klank). Die Filistyne het hulle hierop aan die suidkus van Palestina gaan vestig, hoofsaaklik in die stede Gasa, Gat, Ashdod, Ashkelon en Ekron.
Naas die naam Palestina, wat nie in die Bybel voorkom nie, word Kanaän dikwels gebruik. In die engste sin beteken Kanaän "handelaar", wat op een van die kenmerkende bedrywe van die Kanaänitiese bevolking slaan. In breër sin dui die naam op die gebied Siro-Palestina (Amarna-briewe).
Die Perse het hierdie provinsie van hulle magtige Persiese Ryk Jehud genoem, en die naam Juda is daarna deur tal le veroweraars gebruik. Die Romeinse keiser Hadrianus (117–138) het Palestina as amptelike naam ingevoer en daarmee die Gebied van die Jode (Judea) direk misken.
Vroeë geskiedenis Uit argeologiese vondste blyk dit dat Palestina reeds sedert die Vroeë Steentydperk (250 000 v.C.) bewoon was. Eers baie duisende jare later, in die tydperk omstreeks 3000 v.C., was daar sprake van 'n bloeiende beskawing toe die Semitiese volke (die Kanaäniete) die gebied binnegetrek het. Die tydvak 3000 tot 1200 v.C. staan dan ook bekend as die Kanaänitiese Bronstydperk.
Die invalle van die Amoriete, 'n volk-oorspronklik van Mesopotamië afkomstig, het 'n einde gebring aan hierdie Kanaänitiese beskawing. In 1700 v.C. was daar opnuut sprake van 'n hoë beskawing waarby die verskyning van kleiner stadstaatjies opgetree het. Tot die belangrikste nedersettings het behoort Hasor, Megiddo, Sigem, Hebron, Jebus (die latere Jerusalem), Jerigo, Geser, Bet-Sjean en Lagis.
Bybelse geskiedenis duimnael|Rut in die lande van Boas, skildery deur Julius Schnorr von Carolsfeld, 1828 duimnael|Die triomf van Mordegai, skildery deur Pieter Pietersz Lastman, 1624 duimnael|Die Makkabeërs, skildery deur Wojciech Stattler in 1842 duimnael|Die triomf van Judas Makkabeüs, skildery deur Peter Paul Rubens, 1634/1636 duimnael|Vernietiging van die Tempel in Jerusalem, skildery deur Francesco Hayez, 1867 duimnael|Mattahias preek tot op Joodse vlugtelinge (illustrasie deur Gustave Doré uit die La Sainte Bybel, 1866) duimnael|Die kindermoord onder Herodes die Grote, soos afgebeeld deur Pieter Bruegel die Ouere 'n Baie groot gedeelte van die geskiedenis van Ou Palestina word omvat deur die Bybelse tydperk. Deur die bestudering van hierdie geskiedenis maak 'n mens nie net kennis met die "kinders van Israel" of die afstammelinge van Jakob nie, maar ook met talle volke wat die gebied bewoon en in 'n sekere stadium beheers het.
Daar moet in 'n mate grootliks staatgemaak word op Bybelverhaling om die geskiedenis van Palestina te rekonstrueer, hoewel die Bybelboeke nie as geskiedkundige dokumente beskou moet word nie. Dit is dikwels nie duidelik wat verhaling en wat historiese feite is nie. Die boeke Josua, Rigters, 1-2 Samuel, 1-2 Konings en 1-2 Kronieke, asook die boeke van die profete (Jesaja, Jeremia, Esegiël en die 12 kleiner profete) lewer egter wel historiese gegewens. Ook dokumente uit die Feniciese, Filistynse, Assiriese en Babiloniese geskiedenis bring soms helderheid, terwyl ook die argeologie belangrike inligting bevat. Uit die beskikbare gegewens kan afgelei word dat die Hebreërs, ’n Semitiese groep waartoe Abraham behoort het, in omstreeks 2000 v.C. uit Mesopotamië weggetrek en hulle in Palestina (Kanaän) gevestig het. Na verloop is die land deur hongersnood getref en Abraham se kleinseun, Jakob, het met sy 12 seuns getrek na Egipte, waar die Hyksos sedert 1675 v.C. die bewind gevoer het.
Toe hulle in ongeveer 1580 v.C. tot 'n val kom, het die posisie van Jakob se nakomelinge, die Israeliete, drasties agteruitgegaan en hulle is gedwing om slawediens vir die Egiptenare te verrig. Onder leiding van Moses het die Israeliete in omstreeks 1300 v.C. uiteindelik die Egiptiese juk afgewerp en na 'n jarelange tog deur die woestyn het hulle die "Beloofde Land" (Kanaän) bereik.
Hulle het nou onder leiding gestaan van Josua, wat Moses opgevolg het, en kennis gemaak met die Kanaäniete, wat 'n gedugte mag was sodat hulle die land nie sonder meer kon inneem nie. Die botsing met die Kanaäniete was nie net tot militêre gebied beperk nie; ook op godsdienstige gebied het die partye slaags geraak. Die Kanaäniete het veelgodery beoefen en landbou- en vrugbaarheidsgode aangehang, terwyl die Israeliete 'n monoteïstiese god, JHWH, gehad het.
Die geskiedenis van Palestina is gekenmerk deur die wrywing wat daar tussen die tradisionele godsdienste van die vroegste tye af en die God van Israel ontstaan het. Die veroweraars van Palestina het dikwels vreemde kultusse aan die Jode opgedwing, wat onder meer gelei het tot die vryheidsoorlog wat onder Mattathias teen die Siriërs gevoer is. Dikwels het die Israeliete egter self die vreemde gode aangehang en Salomo het by geleentheid op die Olyfberg 'n hoogte gebou vir die afgod Kamos van die Moabiete en vir Molog van Ammon. Om die Israelitiese volk tot eensgesindheid te probeer bring, het daar aan die begin van die 12de eeu v.C. talle rigters na vore getree. 'n Eensgesinde front was egter nie maklik te verkry nie, aangesien daar 12 stamme was met elk sy eie gebied.
Onder die vroulike rigter Debora is die Kanaäniete by Megiddo verslaan, maar daar was ook ander gedugte vyande in die gebied woonagtig. Die Filistyne het voortdurend na die hooglande opgetrek en met die Israeliete slaags geraak. Hulle het ’n hoë mate van beskawing geken en het 'n sterk invloed op die Palestynse geskiedenis uitgeoefen. Hulle het die kuns van ystersmeltery in die land ingevoer en het lank die monopolie in ysterwapens gehad.
In 1 Sam. 13:19-22 word beskryf Hoe daar geen smid in die hele Israel was nie en dat almal hulle byle, pikke en ploegskare na die Filistyne moes bring om dit te laat skerp maak. Tydens die bewind van Dawid is die Filistyne beslissend verslaan (2 Sam. 5:25), hoewel dit nie die einde van die onrus beteken het nie (1 Kon. 16:15). Toe die Israeliete Palestina binnegetrek het, was hulle 'n herdersvolk, maar langsaam het die landbou hulle vernaamste bron van inkomste geword.
Die bevolking het geleidelik gegroei en hulle moes af hoe meer grond bekom. Dit het beteken dat hulle oor 'n groter gebied versprei geraak het, dikwels ten koste van die bewoners, wat verjaag is. Die stryd teen die Filistyne kan dan ook gesien word in die lig van migrerende bevolkingsgroepe, die van die laagland na die hoogland en die van die hoogland na die laagland. Na die tyd van die rigters het die tyd van die konings aangebreek.
Saul het in omstreeks 1067 v.C. koning geword en 'n groot deel van die land onder sy beheer gebring, maar kon nie daarin slaag om die Filistyne volkome te onderwerp nie. Onder koning Dawid (ca. 1000–960 v.C.), met sy hoofstad te Jerusalem, het slegs 'n gedeelte van die kus in die hande van die Filistyne (in die suide) en die Feniciërs (in die noorde) gebly. Dawid het die mag van Israel selfs so ver uitgebrei dat hy die belangrike handelsroetes van Arabië en Mesopotamië beheer het.
Onder Dawid se seun Salomo (ca. 961–920 v.C.) het 'n egte outokratiese monargie in Palestina tot stand gekom. Die boerebevolking moes swaar belastings betaal om die vele bouwerke, onder meer die tempel en 'n pragtige paleis, te finansier. Bowendien het die staande leër van huursoldate en 'n uitgebreide amptenary 'n groot las op die bevolking gelê. As gevolg van die onrus wat hierdeur ontstaan het, asook die verskille wat daar tussen die noorde en die suide bestaan het, het daar kort na die dood van Salomo (ca. 920 v.C.) ’n breuk gekom.