duimnael|'n Dorpsskool in Soedan. duimnael|'n Moslemskool in Gambië.
'n Skool is 'n instelling waar onderwys verskaf word. Onderwysers gee lesse en hou toesig oor die leerproses waartydens leerlinge geskool word. Vandag vereis die meeste lande dat kinders vir 'n aantal jare skool bywoon, sodat hulle hulself beter kan bekwaam. Van die kundigheid wat in skole aangeleer word, sluit lees- en skryfvaardighede, basiese wiskunde en taalvaardighede in.
Verpligte onderwys in Suid-Afrika begin met laerskool en eindig met hoërskool. Na hoërskool kan leerlinge wat daarvoor kwalifiseer, verder by 'n tersiêre onderwysinstelling gaan studeer.
Sien ook
Onderwys Leerling Kleuterskool, voorskoolse onderrig Laerskool, primêre onderrig Hoërskool, sekondêre onderrig Universiteit, tersiêre onderrig
Kategorie:Onderwys