Hoërskool Stellenbosch is 'n sekondêre Afrikaanse hoërskool wat in Stellenbosch, Suid-Afrika geleë is. Die skool se bynaam is Stellies.
Skoollied Die skool se skoollied is in 1977 deur mnr. JF Spies geskryf. Mnr HP van der Westhuizen het dit getoonset.
Die woorde lui as volg:
Stellenbosch, 'n skone tuiste en die luister van jou naam, anker ons aan jou verlede, bind ons tot 'n eenheid saam. Fier en hoog net soos die eike groei ons hier uit goeie grond, met die oog gelowig Boontoe toegerus en afgerond! SEMPER ALTIOR, ons leuse spoor ons teen die opdraand aan! Vastrap, Moedhou! Altyd hoër! Tot ons op die bergspits staan!
Kategorie:Skole in die Wes-Kaap Kategorie:Stellenbosch