Die African People's Convention (APC) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 4 September 2007 gestig deur die voormalige onderleier van die Pan Africanist Congress of Azania, Themba Godi, en die PAC se enigste twee provinsiale verteenwoordigers, Zingisa Mkabile (Oos-Kaap) en Malesela Ledwaba (Gauteng). Alhoewel die party albei provinsiale setels in die 2009 algemene verkiesing verloor het, het hy sy setel in die Nasionale Vergadering behou, en ook in 2014. Die party het egter sy nasionale vergadering setel in 2019 verloor. Die APC het aan die 2024 algemene verkiesing deelgeneem maar kon geen setels inpalm nie.
Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2024 13 195 0,13 0 2019 19 593 0,11 0 2014 30 676 0,17 1 2009 35 867 0,20 1
Provinsiale verkiesings VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels2019 0.13% 0/63 0.15% 0/30 0.07% 0/73 0.10% 0/80 0.36% 0/49 0.34% 0/30 0.13% 0/33 0.15% 0.30 0.04% 0/422014 0,23% 0/63 0,32% 0/30 0,16% 0/73 0,18% 0/80 0,35% 0/49 0,44% 0/30 0,40% 0/33 0,28% 0/30 0,06% 0/4220090,20%0/630,31%0/300,12%0/730,15%0/800,30%0/490,37%0/300,29%0/330,34%0/300,09%0/42
Munisipale verkiesings VerkiesingStemme% 2021 58 358 0,19% 2016 84 579 0,22%
Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika