Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serwiërs.
Serwies (Serwiese Cyrillies: српски, Latyns: srpski, [sr̩̂pskiː]) is 'n taal binne die Slawiese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met Sloweens, Kroaties, Masedonies, Bosnies, Montenegryns en Bulgaars word dit by die Suid-Slawiese taalgroep gereken. Serwies was vroeër (as Serwo-Kroaties) saam met Sloweens en Masedonies die ampstale van die voormalige Joego-Slawië.
duimnael|links| duimnael|links|Die Serwiese Cyrilliese alfabet Serwies is tans die ampstaal van Serwië, waar dit deur sowat 6,2 miljoen mense as moedertaal gepraat word. 'n Verdere twee miljoen sprekers word in Bosnië en Herzegowina, Montenegro, Kroasië, Kosowo en Noord-Masedonië aangetref. Die taalkennis van sowat 3,5 miljoen Serwiese emigrante in Wes-Europa, Australië, Kanada en die Verenigde State varieer. Daarbenewens is Serwies in Montenegro in amptelike gebruik.
Volgens die Serwiese grondwet van November 2006 word Serwies amptelik volgens die Cyrilliese alfabet geskryf, alhoewel in die alledaagse lewe en in die media dikwels ook die Latynse alfabet gebruik word.
Op grond van grammatikale en semantiese kriteria word na Serwies, Kroaties en Bosnies dikwels as nasionale variëteite van 'n gemeenskaplike taal, Serwo-Kroaties, verwys. Alhoewel hierdie klassifikasie omstrede is, is al drie tale tot 'n groot mate onderling verstaanbaar.
In Montenegro word die ampstaal amptelik Montenegryns genoem en kan in beide die Cyrilliese en die Latynse alfabet geskryf word. Die verskille tussen Montenegryns en Serwies is egter minimal.
Alfabette Cyrillies Аа Бб Вв Гг Дд Ђђ Ее Жж Зз Ии Јј Кк Лл Љљ Мм Нн Њњ Оо Пп Рр Сс Тт Ћћ Уу Фф Хх Цц Чч Џџ Шш Latyns Aa Bb Vv Gg Dd Đđ Ee Žž Zz Ii Jj Kk Ll Ljlj Mm Nn Njnj Oo Pp Rr Ss Tt Ćć Uu Ff Hh Cc Čč Dždž Šš IFA /a/ /b/ /ʋ/ /g/ /d/ /dʑ/ /e/ /ʒ/ /z/ /i/ /j/ /k/ /l/ /ʎ/ /m/ /n/ /ɲ/ /o/ /p/ /r/ /s/ /t/ /tɕ/ /u/ /f/ /x/ /ts/ /tʃ/ /dʒ/ /ʃ/
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berg Athos Kategorie:Suid-Slawiese tale Kategorie:Tale van Bosnië en Herzegowina Kategorie:Tale van Kosovo Kategorie:Tale van Kroasië Kategorie:Tale van Montenegro Kategorie:Tale van Noord-Masedonië Kategorie:Tale van Roemenië Kategorie:Tale van Serwië