Hierdie artikel handel oor die taal in Oos-Asië. Vir die etniese groep, sien Koreane.
Koreaans is 'n Altaïese taal wat deur sowat 77 miljoen mense in Noord- en in Suid-Korea gepraat word. Daar is groot minderhede van Koreaanstaliges in Japan, die Verenigde State en in Yanbian in die Volksrepubliek China.
In Suid-Korea word die taal han'gukmal (한국말) of han'gugeo (Hangul: 한국어, Hanja: 韓國 語, [ha(ː)n.ɡu.ɡʌ]) genoem. In Noord-Korea word dit egter chosŏnmal (조선말, [tso.sʌn.mal]) of chosŏnŏ (조선어, 朝鮮語) genoem. Dié verskil kom van die verskillende algemene name vir Noord- en Suid-Korea. Verder noem Koreane gewoonlik hul taal urimal (Hangul: 우리말) of urinara mal (Hangul: 우리나라 말) wat "ons taal" of "ons land se taal" beteken.
Die dialek op die Suid-Koreaanse Jeju-eiland word deur sommige taalkundiges as 'n taal op sy eie beskou wat darem saam met Koreaans as lede van 'n Koreaanse taalfamilie beskou word. Ander taalkundiges sien egter kleiner verskille tussen dié dialek en Koreaans wat nie hierdie klassifikasie regverdig nie. Soms word dit saam met Turkse, Mongoolse, Toengoesiese, Japannese tale en Ainoe by die Altaïese tale gegroepeer, hoewel dit oor die algemeen betwis word.
Galery
Sien ook Koreaanse Wikipedia
Verwysings
Verdere leesstof
(Volume 4 of the London Oriental and African Language Library).
Eksterne skakels
Kategorie:Tale van Japan Kategorie:Tale van China Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika