Chinees (Vereenvoudigde Chinees: 汉语, Tradisionele Chinees: 漢語, Pinyin: Hànyǔ, letterlik: "Han-taal" of 中文, Zhōngwén) is 'n Sino-Tibettaanse taal wat veral in die Volksrepubliek China, die Republiek China, Hongkong, Macau, Singapoer, Thailand, Indonesië en Maleisië gepraat word. Chinees is met 1,3 miljard sprekers die grootste taal in die wêreld. Daar is baie dialekte, waarvan die belangrikste Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang, Hakka en Gan is. Chinees word met Chinese karakters (Tradisionele Chinees en Vereenvoudigde Chinees) geskryf en die amptelike stelsel waarmee albei in die Latynse alfabet transkribeer word, is Hanyu pinyin.

duimnael|links|Die woord Hànyǔ ("Han-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters Verspreiding Chinees is die moedertaal van die Han- en die Hui-Chinese en deur hul emigrasie in talle gebiede van die wêreld word dié taal ook in lande soos Australië, Filippyne, Japan, Kanada, Mianmar, Rusland, Peru, die Verenigde State en Viëtnam gepraat, wat van Chinees 'n wêreldtaal maak.

Ampstaal Mandaryn-Chinees is die amptelike taal van die Volksrepubliek China met sy spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Kantonees) en Macau (saam met Kantonees en Portugees), asook die omstrede Republiek China op Taiwan. Daarbenewens vorm Chinees saam met Engels, Maleis en Tamil die amptelike tale van Singapoer en saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Dialekte van Chinees duimnael|links|Verspreiding van Chinese dialekte Dialek Alternatiewe benamings Sprekers Hoofverspreiding Mandaryns Noord-Chinese dialekte, Beifanghua (北方話 / 北方话), Beifang Fangyan (北方方言) 960 miljoen China, Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer, Indonesië en Maleisië Wu Wúyǔ (吳語 / 吴语), Wuyueyu (吳越語 / 吴越语), Gangnanhua (江南話 / 江南话), Gangzhehua (江浙話 / 江浙话) 80 miljoen China: Yangtzemonding, Sjanghai Kantonees of Yue Yuèyǔ (粵語 / 粤语), Guangdonghua (廣東話 / 广东话), Guangfuhua (廣府話 / 广府话), selde: Baihua (白話 / 白话) 63 miljoen China: Guangxi, Guangdong, Hongkong, Macau; Maleisië Min Mǐnyǔ (閩語 / 闽语), Fujianhua (福建話 / 福建话) 60 miljoen China: Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang, Jiangsu, Taiwan; Suidoos-Asië Xiang Xiāng yǔ (湘語 / 湘语), Hunanhua (湖南話 / 湖南话) 37 miljoen China: Hunan, Guangxi, Guizhou, Sichuan, Shaanxi Hakka of Kejia Kejiayu (客家語 / 客家语), Kèjiāhuà (客家話 / 客家话) 33 miljoen Suid-China, Taiwan, Suidoos-Asië, Indië, Japan Gan of Kan Gàn yǔ (贛語 / 赣语) 22 miljoen China: Jiangxi, Hubei, Hunan, Anhui, Fujian

Sien ook Chinese Wikipedia

Verwysings

Eksterne skakels

China-verslag by Ethnologue Taiwan-verslag by Ethnologue

Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Kanada Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Thailand Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika