Die Hoër Meisieskool Bloemhof is 'n sekondêre Afrikaansmedium skool vir meisies geleë in Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch. duimnael|regs|Die ou skoolgebou is vandag die Eben Dönges-sentrum Die skool is die oudste Afrikaansmedium-meisieshoërskool in Suid-Afrika en die enigste in Kaapland. Dit is in 1874 deur ds J.H. Neethling, prof N.J. Hofmeyr en prof J. Murray gestig, en op 26 Januarie 1875 formeel geopen. Aanvanklik is die naam "Bloemhof" slegs aan die koshuis gekoppel omdat daar volgens ds J.H. Neethling "Bloeme vir die volk" gekweek word, maar in 1879 is die naam ook amptelik na die skool oorgedra. Bloemhof was eers Engels, maar in 1925 is die voertaal na Afrikaans verander. Die skool is aanvanklik in die sierlike gebou in Ryneveldstraat gehuisves, wat vandag as die Eben Dönges-sentrum bekend staan, met onder andere Neethlinghuis en Erfurthuis as koshuise. In 1960 is na die huidige perseel met die skoolgebou, koshuis en sportgronde verskuif, wat in die afgelope paar jaar groot aanbouings gesien het.
Bloemhof se vernaamste voederskool is die Laerskool Eikestad (oorkant die straat). Haar broerskool is Paul Roos Gimnasium ('n paar honderd meter straat af) en haar susterskool is Rhenish Girl's High (op die perseel langsaan). Dié drie skole vorm 'n "minikampus" met 'n paar gedeelde akademiese vakke en opvoeders.
Die skool is hoog in aanvraag en daar is tans oor die 700 studente van graad 8 tot 12. Bloemhof roem hul op uitmuntende akademiese, kulturele en sportprestasies. Sporte soos atletiek, tennis, swem, waterpolo, sierswem, hokkie en netbal word aangebied. Daar is, o.a., 'n skool koor (Accelerando), orkes, koerant (Fidelis), debatspan en verskeie komitees waarby leerders betrokke kan raak. Studente kan ook drama, kuns en musiek as vakke neem. Duits, Frans of Xhosa kan as 2de addisionele taal geneem word.
Bloemhof is gegrond op Christelike beginsels. Die waardes wat onder haar leerders aangemoedig word, is: respek, omgee, integriteit, werksetiek en afgerondheid. Die skoolleuse is Semper Fidelis (Altyd Getrou).
Voormalige studente van die skool behou kontak deur middel van die Bloemhofbond. Reünies vind gereeld plaas.
Franco Barnard was die heel eerste hoofdogter van die skool wat 'n ingenieursgraad by die Noordwes Universiteit (NWU) behaal het.
Bekende alumni Marlene Dumas (1953), 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Annie Hofmeyr, skrywer
Bloemhof Kategorie:Stellenbosch