Andrés Iniesta Luján (gebore op 11 Mei 1984 in Fuentealbilla) is 'n voormalige Spaanse sokkerspeler. Sy bynaam is El Blanquito (Die Bleekgesig), wat na sy bleek gelaat verwys, 'n familietrek van sy moeder se kant. Hy is veral bekend vir sy tyd by FC Barcelona, ​​wat hy vir 22 jaar op beide junior- en seniorvlak verteenwoordig het. Hy het ook vir die Spaanse Nasionale Sokkerspan gespeel en sy mees loopbaanbepalende doel was op 11 Julie 2010 toe hy die beslissende doel in die Wêreldbeker-eindstryd teen Nederland tydens oortyd by Sokkerstad in Johannesburg aangeteken het. Met die doel wen Spanje die toernooi, die eerste keer in die geskiedenis wat die eer hulle te beurt val.

Benewens die 2010 Wêreldbeker-titel, het hy ook die Europese Sokkerkampioenskap saam met Spanje in 2008 en 2012 gewen. Hy het in 2018 van internasionale sokker afgetree met 131 wedstryde en 13 doele.

Ná sy wen-doel in die eindstryd van die Wêreldbeker het hy voortgegaan om as sleutelspeler vir FC Barcelona te presteer. Hy het tot 2018 by Barcelona gespeel, met wie hy verskeie verskeie Spaanse en internasionale ligatitels en bekers gewen het, insluitend die UEFA Champions League in 2011 en 2015.

Iniesta het daarna by Vissel Kobe in Japan aangesluit, waar hy gehelp het om die Keiserbeker in 2019 en die Japannese Superbeker in 2020 te wen. In 2023 het hy by Emirates Club in die Verenigde Arabiese Emirate aangesluit.

Op 7 Oktober 2024 het Iniesta sy uittrede uit professionele sokker aangekondig. Hy word beskou as een van die grootste middelvelders in die geskiedenis van sokker, bekend vir sy visie, balbeheer en nederigheid.

Internasionale loopbaanstatistieke Vir die Spaanse nasionale sokkerspan: Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe20068020071242008141200950201015320119120121412013170201481201551201680201781201880Totaal13113

Verwysings

Kategorie:Spaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense