Manuel Peter Neuer (* 27 Maart 1986 in Gelsenkirchen, Noordryn-Wesfale) is 'n Duitse sokkerdoelwagter wat tans vir die Bundesliga-sokkerklub FC Bayern München speel.

Neuer se kollegas het hom as die beste Duitse doelwagter van die Bundesliga-seisoen 2006/07 aangewys. Op 19 Mei 2009 is Neuer vir die eerste keer deur die nasionale Duitse sokkerafrigter Joachim Löw vir die Asië-toernooi van die Duitse sokkervereniging DFB se nasionale A-span benoem en het op 2 Junie in die wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate (waarin Duitsland 'n 7-2 oorwinning behaal het) vir die eerste keer in die doelhok gestaan.

Manuel Neuer het daarnaas 'n belangrike bydrae tot Duitsland se sukses tydens die Europese U21-sokkerkampioenskappe van 2009 in Swede gelewer. Op 28 Mei 2010 is Neuer as doelwagter in Duitsland se nasionale sokkerspan benoem. Hy word 'n wêreldkampioen in 2014 toe Duitsland die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi wen.

Verwysings

Eksterne skakels

Manuel Neuer se amptelike webtuiste

Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense