Die Sanlamsentrum is 'n sakegebou in die middestad van Windhoek, Namibië. Die sentrum in Independence Avenue is in 1990 opgerig, die jaar waarin Namibië sy onafhanklikheid verkry het.

Die Sanlamsentrum sluit 15 verdiepings kantoorruimte van 28 000 m² inSanlam Centre . Skyscraperpage.com en huisves onder meer die Duitse, Sweedse en Venezuelaanse ambassades, net soos die Amerikaanse Kulturele Sentrum (American Cultural Center), 'n uitbreiding van die Verenigde State se ambassade in Namibië. Dit is genoem na die Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappy Sanlam Bpk.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Windhoek