Solomon kaDinuzulu (1891–1933) was die Zoeloenasie se koning vanaf 1913 tot en met sy dood op 4 Maart 1933 by Kambi. kaDinuzulu is op die eiland Sint Helena gebore tydens sy vader (koning Dinuzulu kaCetshwayo) se ballingskap.

Hy was 'n stigterslid van die oorspronklike Inkatha (of Inkatha kaZulu soos dit bekend staan) saam met die ANC in die 1920's. Dit was hoofsaaklik gevorm om teen Jan Smuts se Bantoesake-wetgewing van 1920 te protesteer.

Een van sy susters was Prinses Magogo kaDinuzulu. Sy het bekend geword as sanger van tradisionele Zoeloeliedjies asook as die moeder van Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IFP).

Hy is deur sy seun Cyprian Bhekuzulu kaSolomon as koning opgevolg.

Eksterne skakels

Kategorie:Zoeloekonings Kategorie:Geboortes in 1891 Kategorie:Sterftes in 1933