Die 2010-Drienasiesreeks was die vyftiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 10 Julie tot 11 September 2010 gespeel. Die lande se spanne is onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die tiende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2010-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 6 0 0 184 111 +73 3 272 6 2 0 4 162 188 –26 3 113 6 1 0 5 147 194 –47 3 7
Wedstryddatums DatumDatumDatumWeek 110 JulieWeek 431 JulieWeek 728 AugustusWeek 217 JulieWeek 57 AugustusWeek 84 SeptemberWeek 324 JulieWeek 621 AugustusWeek 911 September
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Week 7
Week 8
Week 9
Drienasiesreekskampioen 2010
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Morné Steyn 77 2 Matt Giteau 64 3 Dan Carter 63 4 James O’Connor 27 5 Malili Muliaina 20 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Malili Muliaina 4 James O’Connor 3 Richie McCaw 3 Drew Mitchell Gurthrö Steenkamp
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2010-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2010