FSV Wacker 03 Gotha is 'n sokkerklub uit Gotha in die deelstaat Thüringen in Duitsland.
Die klub is in 1907 gestig as 'n suiwer sokkerklub FC Wacker Gotha en het later in 'n sportklub genaamd SV Wacker 07 Gotha omvorm. Die klub was in sy vroeë jare baie suksesvol in die Wes-Thüringse kompetisies en het in 1916 die halfeindstryd gehaal van die Middel-Duitse kampioenskap.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub as SG Gotha heropgerig en is kort daarna herdoop na SG Vorwärts Gotha. Vanaf 1950 het die klub die naam BSG Motor Gotha aangeneem en die volgende 40 jaar in die laer ligas van Oos-Duitsland deurgebring.
Na die Hereniging van Duitsland in 1990 het die klub sy naam verander na SV Motor Gotha voordat die oorspronklike naam SV Wacker Gotha weer in 1993 aangeneem is. Die klub het in 2001 die eerste keer die Oberliga gehaal. In 2003 het die sokkerafdeling weggebreek om 'n onafhanklike klub vorm onder die huidige naam.
Onlangse ligaposisionering
1990-91 (V) Thüringenliga 10de 1991-92 (V) Thüringenliga 9de 1992-93 (V) Thüringenliga 16de 1993-94 (VI) Bezirksliga Wes-Thüringen 7de 1994-95 (VI) Bezirksliga Wes-Thüringen 3de 1995-96 (VI) Landesklasse Wes 1ste 1996-97 (V) Thüringenliga 7de 1997-98 (V) Thüringenliga 14de 1998-99 (VI) Landesklasse Oos 1ste 1999-00 (V) Thüringenliga 8ste 2000-01 (V) Thüringenliga 1ste 2001-02 NOFV-Oberliga Suid 10de 2002-03 NOFV-Oberliga Suid 16de 2003-04 (V) Thüringenliga 6de 2004-05 (V) Thüringenliga 10de 2005-06 (V) Thüringenliga 5de 2006-07 (V) Thüringenliga 5de 2007-08 (V) Thüringenliga 3de 2008-09 (VI) Thüringenliga 2de 2009-10 (VI) Thüringenliga 2de 20010-11 (V) NOFV-Oberliga Suid
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Noordoos-Suid 2010/11-seisoen FC Erzgebirge Aue II | VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC II | SC Boreas Dresden | Dynamo Dresden II | FC Rooiwit Erfurt II | FSV Wacker 03 Gotha | VfB Germania Halberstadt | VfL Halle 1896 | FC Carl Zeiss Jena II | 1. FC Lokomotive Leipzig | FC Sachsen Leipzig | FSV 63 Luckenwalde | 1. FC Maagdenburg II | FSV Zwickau
Gotha