Abazyns (абаза бызшва, Abaza Bizsjwa; Adigies: абазэбзэ) is ’n taal van die Abazyne van die Kaukasus-gebergte in die Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië in Rusland. Dit bestaan uit twee dialekte, die Asjcherewa en die Tap'anta, wat die letterkundige standaard is.

duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Die taal word deur sowat 35 000 mense in Rusland gepraat waar dit in ’n aangepaste Cyrilliese alfabet geskryf word. Dit word ook deur sowat 10 000 mense in Turkye gepraat waar dit in die Latynse alfabet geskryf word.

Abazyns is, nes ander tale in die Noordwes-Kaukasiese taalfamilie, hoogs agglutinerend – dit het talle medeklinkers (63 foneme) en net twee klinkers. Dit is nou verwant aan Abchasies, maar het ’n paar foneme wat nie in Abchasies voorkom nie.

Alfabet А а Б б В в Г г Гв гв Гъ гъ Гъв гъв Гъь гъь Гь гь Д д Дж дж Джв джв Джь джь Дз дз Е е Ё ё Ж ж Жв жв Жь жь З з И и Й й К к Кв кв Къ къ Къв къв Къь къь Кь кь Л л Ль ль М м Н н О о П п Р р С с Т т Тл тл Тш тш У у Ф ф Х х Хв хв Хь хь Ц ц Ч ч Чв чв Ш ш Шв шв Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь Э э Ю ю Я я

Verwysings

Eksterne skakels Abazyns by die Rosetta-projek 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Noordwes-Kaukasiese tale Kategorie:Tale van Turkye