Acinonyx is 'n soogdiergenus uit die Felidae-familie. Dit is vandag dwarsoor Afrika en Asië verspreid, hoewel dit voorheen ook in Europa voorgekom het. Die jagluiperd is die enigste oorblywende spesies van hierdie genus. Wozencraft (1993) plaas die Acinonyx in hul eie eenstammige subfamilie, die Acinonychinae. Salles (1992), Johnson & O'Brien (1997), Bininda-Emonds et al. (1999), en Mattern & McLennan (2000) reken die Acinonyx, Puma concolor (Poema) , en Puma (= Herpailurus) yagouaroundi (Jaguarandi) as verteenwoordigers uit naverwante sustergroepe.

Spesies Acinonyx aicha Geraads, 1997 † Acinonyx intermedius Thenius, 1954 † Acinonyx jubatus Schreber, 1775 – Jagluiperd Acinonyx kurteni Christiansen & Mazák, 2008Christiansen, J., and J.H. Mazák. 2008. A primitive Late Pliocene cheetah, and evolution of the cheetah lineage. Proceedings of the National Academy of Sciences. Aanlyn gepubliseer voor die druk daarvan op 29 Desember 2008, doi: 10.1073/pnas.0810435106. † Acinonyx pardinensis Croizet e Joubert, 1928 †

Verwysings

Kategorie:Katagtiges