Wes-Duitsland was die informele maar byna universeel gebruikte naam vir die Bondsrepubliek Duitsland (dikwels ook Federale Republiek Duitsland, in Duits: Bundesrepublik Deutschland) vanaf 1949 tot die hervereniging van Duitsland op 3 Oktober 1990 toe die Duitse Demokratiese Republiek by die geldingsgebied van die Wes-Duitse Grondwet (Grundgesetz) aangesluit het.

Terminologie duimnael|links|Duitsland ná die Tweede Wêreldoorlog in 1947 duimnael|links|'n Verdeelde Duitsland: Wes-Duitsland word in groen aangedui en die Duitse Demokratiese Republiek in grys Die term Wes-Duitsland het daarnaas ook 'n suiwer geografiese betekenis, alhoewel dit moeilik is om dit vas af te baken. Deesdae word sy betekenis veral deur die interne Duitse grens gedefinieer waardeur Duitsland in 'n Wes- en 'n Oos-Duitse staat gedeel is. Historici verwys na hierdie tydperk as die "Republiek van Bonn" (Bonner Republik), na aanleiding van die tussenoorlogse Republiek van Weimar, terwyl die herenigde Duitsland "Berlynse Republiek" (Berliner Republik) genoem word. The Bonn Republic — West German democracy, 1945–1990, Anthony James Nicholls, Longman, 1997

Die term Republiek van Bonn vir Wes-Duitsland tussen 1949 en 1990 het gelyktydig met die term Berlynse Republiek of Republiek van Berlyn vir die opvolgende historiese tydperk ontstaan. Joannah Caborn (2006): Schleichende Wende. Diskurse von Nation und Erinnerung bei der Konstituierung der Berliner Republik, bö. 12. Die analogie met die term "Republiek van Weimar", wat net na die plek van die grondwet se ondertekening verwys, het sy oorsprong in die nuwe tradisie, waarvolgens die verskeie demokratiese republieke van Duitsland na die stede genoem word, waar die onderskeidelike regerings en parlemente vergader het. Frank Brunssen, Das neue Selbstverständnis der Berliner Republik, Königshausen & Neumann, Würzburg 2005, , bl. 19.

Tot die hereniging van Duitsland was "tweede Republiek" (zweite Republik) 'n ander bekende term vir hierdie tydperk. Wolfgang Benz, Michael F. Scholz, Deutschland unter alliierter Besatzung 1945–1949. Die DDR 1949–1990, in: Bruno Gebhardt, Handbuch der deutschen Geschichte, Band 22, 10de uitgawe, Klett-Cotta, 2009, , bl. 38; Löwenthal/Schwarz (1974): Die zweite Republik. 24 Jahre Bundesrepublik Deutschland – eine Bilanz. Na die Republiek van Weimar word dan ook as "eerste Republiek (erste Republik) verwys. Soms word na die tydperk tussen 1949 en 1990 ook as "ou Bondsrepubliek" (alte Bundesrepublik) verwys, ter onderskeiding van die herenigde Duitsland sedert 1990. Vir die vyf deelstate op die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republik is vandag ook die term "nuwe deelstate" (neue Bundesländer) algemeen, vergelykbaar met "ou deelstate" (alte Bundesländer) vir die deelstate van Wes-Duitsland.

Deelstate

Baden-Württemberg (sedert 25 April 1952) Baden (vanaf 1949 tot 25 April 1952) Württemberg-Baden (vanaf 1949 tot 25 April 1952) Württemberg-Hohenzollern (vanaf 1949 tot 25 April 1952) Beiere (sedert 1949) Hesse (sedert 1949) Nedersakse (sedert 1949) Noordryn-Wesfale (sedert 1949) Rynland-Palts (sedert 1949) Saarland (sedert 1 Januarie 1957) Sleeswyk-Holstein (sedert 1949) Vrye en Hansestad Hamburg (sedert 1949) Vrye Hansestad Bremen (sedert 1949) Wes-Berlyn (de facto)

Sport duimnael|links|Die Oos-Duitse span tydens die openingsplegtigheid van die Olimpiese Somerspele 1972 in München Sokker was die gewildste sportsoort in Wes-Duitsland en die Duitse sokkerbond (Deutscher Fußball-Bund, DFB) het as gasheer van die FIFA se Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1974 en die UEFA Europa-beker van 1988 opgetree. Die destydse Wes-Duitse nasionale sokkerspan het daarin geslag om drie keer die FIFA Sokker-Wêreldbeker te kon wen: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 in Switserland, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 in Wes-Duitsland en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 in Italië asook twee keer die UEFA Europa-beker (in 1972 en 1980). Die Spele van die XXste Olimpiade in München was 'n ander groot sportbyeenkoms wat deur Wes-Duitsland aangebied is. Net voor die Olimpiese Somerspele in München is die XXIste Wêreldspele van die verlamdes in Heidelberg gehou.

Verwysings

Eksterne skakels