Die nasionale vlag van Meksiko (Spaans: Bandera de México) is op 16 September 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe breë vertikale bane in groen, wit en rooi met die wapenskild van Meksiko in die middel van die wit baan. Hoewel die betekenis van die kleure na verloop van tyd verskeie kere verander het, is die kleure tydens die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821) teen Spanje deur die daaropvolgende Eerste Meksikaanse Keiserryk goedgekeur. Die huidige vlag is in 1968 aangeneem aangesien die Meksikaanse wapen toe die laaste keer gewysig is, maar die algemene ontwerp dateer uit 1821, toe die eerste nasionale vlag geskep is.

Rooi, wit en groen is die kleure van die nasionale weermag in Meksiko. Die sentrale embleem in die Meksikaanse wapen is gebaseer op die Asteekse simbool vir Tenochtitlan (nou Meksikostad), die sentrum van die Asteekse Ryk. Dit herinner aan die legende van ’n arend wat op ’n kaktus sit terwyl hy ’n slang verslind, wat vir die Asteke aandui waar hulle hul stad Tenochtitlan moes stig. Art of Mesoamerica, Miller. 245. ’n Lint in die nasionale kleure is aan die onderkant van die wapen. Deur die geskiedenis heen is die vlag verskeie kere verander, aangesien die ontwerp van die wapen en die lengte-breedte-verhouding van die vlag verander is. Die wapen het egter alreeds dieselfde kenmerke gehad: ’n Arend met ’n slang in sy kloue sit op die spits van ’n stekelpierkaktus; die kaktus is op ’n rots in ’n meer. Die wapen is ontleen aan ’n Asteekse legende dat hulle gode vir hulle gesê het om ’n stad te bou waar hulle ’n arend op ’n nopale sien wat ’n slang eet; dit is waar nou Meksikostad geleë is.

Die huidige wet op die nasionale simbole, die Ley sobre el Escudo, la Bandera y el Himno Nacionales is sedert 1984 van krag. Kongres van die Unie (2005): Ley sobre Escudo, la Bandera y el Himno Nacionales .

Simboliek Wapen duimnael|Die wapen van Meksiko duimnael|Uitbeelding van die Meksikaanse allegorie Die afbeelding van die wapen is gebaseer op ’n eeue-oue Asteekse legende. Hierdie legende lui dat die god Huitzilopochtli die Asteke opdrag gegee het om hul mitiese blyplek Aztlan te verlaat en na ’n plek gaan waar hulle ’n meer sou vind waarin ’n eiland van klippe sou wees. Op die eiland sou ’n turksvyboom staan met ’n arend daarop wat besig is om ’n slang te eet. Die Asteke sou verskeie jare rondtrek op soek na die eiland, totdat hulle in 1325 die plek uiteindelik ontdek het. Hulle het hulle nuwe hoofstad, Tenochtitlan, hier gestig. Vandag is Meksikostad op hierdie plek.

Hoewel die wapens volgens heraldiese reëls nie werklik ’n wapen is nie, beskou die Meksikaanse regering dit as sodanig.

Kleure Die kleure van die vlag is afgelei van die vlag van die Leër van die Drie Waarborge wat tussen 1821 en 1823 bestaan het. Hierdie leër het drie belangrike uitgangspunte (‘waarborge’) gehad: die onafhanklikheid van Meksiko, die Rooms-Katolisisme en die gelykheid vir en eenheid tussen al die bevolkingsgroepe in die land. Hierdie waarborge is uitgebeeld deur onderskeidelik groen, wit en rooi. Alfred Znamierowski (2002): The World Book of Flags, Hermes House, Londen, bl. 200.

Die betekenis van die kleure het egter verander weens die sekularisering van Meksiko in die 1850’s en wat gelei is deur president Benito Juárez. In die nuwe simboliek het groen hoop voorgestel, wit het eenheid, suiwerheid en eerlikheid voorgestel en rooi het die bloed van die nasionale helde voorgestel. Flags of the World (2006): Meksiko, geraadpleeg op 24 Maart 2019.

Aangesien die Meksikaanse wet egter geen amptelike simboliek aan die kleure toegeken het nie, kan daar ook ander betekenisse wees. ’n Alternatiewe verklaring koppel byvoorbeeld die groen aan die Meksikaanse grondgebied (die berge, riviere, vlaktes en natuurlike hulpbronne), die wit aan die volk en die rooi aan die stryd om die handhawing van die nasionale onafhanklikheid en vryheid. Daar bestaan ook die volgende beskrywing: groen stel hoop voor, wit stel suiwerheid voor en rooi stel geloof voor.

Sommige Meksikaanse groeperinge het die Meksikaanse kleure in gebruik as deel van hul logo’s of simbole. So het die Institusionele Rewolusionêre Party (PRI) die nasionale kleure in sy logo opgeneem. die Party van die Demokratiese Rewolusie (PRD) het die nasionale kleure ook in sy logo geplaas, maar het dit in die 1990’s verander nadat daar debat ontstaan het oor die gebruik van die nasionale kleure in partysimbole. Verskillende Meksikaanse deelstate, soos Querétaro en Hidalgo, het die Meksikaanse vlag geheel of gedeeltelik in hul staatswapens opgeneem. In heelwat deelstate is die Meksikaanse vlag die enigste amptelike vlag en het die staatsvlae geen amptelike status nie.

Ontwerp Spesifikasies duimnael| Lêer:FIAV mirror.svg Die agterkant van die huidige Meksikaanse vlag Die amptelike ontwerp van die Meksikaanse vlag kan gekry word in artikel 3 van die Wet op Nasionale Wapen, die Vlag en die Volkslied. Hierdie wet stam uit 1874 en is sedertdien enkele kere gewysig waarvan 2005 die laaste keer was. Die derde artikel bepaal hoe die vlag moet lyk en welke afmetings dit moet hê.

Afskrifte van die eksemplaar wat volgens die wet gemaak is kan in die Nasionale Argief (Archivo General de la Nación) en die Chapultepec-paleis gevind word. Die konstruksietekening hieronder is op grond van die wet gemaak.

Kleure duimnael|Wapperende vlag van Meksiko. Die Secretaría de Gobernación adviseer die presiese kleurkodering volgens die onderstaande tabel. Die Pantone-kleure wat hieronder gelys word, is deur die Londense Organiserende Komitee van die Olimpiese en Paralimpiese Spele in sy "Vlaghandleiding" uitgereik, terwyl die Vlaghandleiding van die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing ander Pantone voorgestel het. KleurskemaGroenWitRooi Pantone 3425c Wit 186c RGB Vexilla mundi-bladsy "Mexico" 0-104-71 255-255-255 206-17-38 CMYKInkscape RGB tot CMYK converter (ongeveer) 100-0-32-59 0-0-0-0-0 0-92-82-19 HeksadesimaalAdobe Photoshop RGB Translator 006847 FFFFFF CE1126

Vergelyking met die ontwerp van die Italiaanse vlag duimnael|Vergelyking tussen die Meksikaanse en Italiaanse vlae Alhoewel die Meksikaanse driekleur (groen, wit, rooi) voortdurend vir ’n langer tydperk as die Italiaanse s’n gebruik word, is ten tyde van die goedkeuring van die Meksikaanse vlag die soortgelyke getinte Italiaanse driekleur al kort in Europa gebruik, Ghisi, Enrico Il tricolore italiano (1796–1870) Milan: Anonima per l'Arte della Stampa, 1931; sien Gay, H. Nelson in The American Historical Review Vol. 37 No. 4 (bl. 750–751), Julie 1932 byvoorbeeld deur die Cisalpynse Republiek in 1797, maar sy afmetings het van die moderne Italiaanse s’n verskil.

Dit gebeur dikwels dat mense deurmekaar raak met die Meksikaanse en Italiaanse vlae. Dikwels word die Meksikaanse Wapen in die middel van die Italiaanse vlag geplaas wanneer die vlag van Meksiko gemaak word. Die rede hiervoor is dat mense dink dat die enigste verskil in die twee vlae die wapen in die wit baan is.

Albei vlae gebruik dieselfde kleure (groen, rooi en wit), maar die Meksikaanse vlag gebruik ’n donkerder groen en ’n donkerder rooi. Daarnaas is die hoogte-breedteverhouding van die vlae ook verskillend, waardeur albei uniek daar uitsien. Die hoogte-breedteverhouding van die Italiaanse vlag is 2:3.

Ander vlae Die huidige vlag van Meksiko is die sogenaamde Vierde Nasionale vlag, maar dit beteken nie dat dit slegs die vierde vlag in die Meksikaanse geskiedenis is nie: daar is agtereenvolgens sewe vlagontwerpe gebruik tot 1968 toe die huidige vlag aanvaar is. Vyf van die vlae is amptelik gesien as (variante van) die Tweede Nasionale vlag, terwyl die ander twee in gebruik was tydens die twee keiserlike periodes in die Meksikaanse geskiedenis.

Kolonisasie en Onafhanklikheidsoorlog

duimnael|Vaandel van Miguel Hidalgo duimnael|Prent uit die boek van Vicente Riva Palacio, Julio Zárate (1880) "Meksiko deur die eeue heen" Volume III: "Die Onafhanklikheidsoorlog" (1808–1821) Voordat die Meksikaanse Vryheidsoorlog in 1810 uitgebreek het, was Meksiko die sentrum van die onderkoninkryk van Nieu-Spanje. Nieu-Spanje het ’n wit vlag met ’n rooi Boergondiese kruis gebruik.

Tydens die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog het die stryders teen die Spaanse leër van verskillende vlae gebruik gemaak. Hoewel dit nooi aanvaar is as nasionale vlag nie, beskou talle historici Miguel Hidalgo se vaandel van die Maagd van Guadalupe as die eerste nasionale vlag. Hierdie vaandel is gebruik by die Grito de Dolores (die Meksikaanse Onafhanklikheidsverklaring) van 16 September 1810. Fernández Editores (2007): Banderas de México a través del tiempo , URL besoek op 15 Augustus 2007

Die vaandel was die eerste simbool van die Meksikaanse onafhanklikheidstryders, maar wel nie die enigste nie. José María Morelos het in 1813 ’n vlag met ’n gekroonde adelaar op ’n kaktus met die letters V.V.M. (Viva la Virgen María – Lewe die Maagd Maria) daarop. Die leër wat teen die Spanjaarde geveg het, het ’n vertikale driekleur gebruik in die kleurkombinasie wit-blou-rooi, waarskynlik gebaseer op die Franse Rewolusionêre vlag.

Eerste Meksikaanse Keiserryk

Die kleure van die huidige vlag is vir die eerste keer voorgestel op 24 Februarie 1821 deur die onafhanklikheidstryder Agustín de Iturbide wat ’n jaar later die keiser van Meksiko sou word. Die kleure het, soos hierbo genoem, die “drie waarborge” vir die toekoms van die land voorgestel, nl.: geloof, onafhanklikheid en eenheid. ’n Voorlopige regering het in dieselfde jaar beslis oor die gebruik van ’n afbeelding van ’n adelaar op ’n kaktus (later die landswapen van Meksiko) in die middel van die vlag. Hier is die hoogte-breedteverhouding van die vlag ook vasgestel op 4:7.

In November 1821 is die groen-wit-rooi-driekleur met die wapen in die middel vir die eerste keer deur Iturbide aanvaar. In die instansie wou hulle ’n horisontale driekleur gehad het, maar om meer ruimte aal die keiserlike adelaar te verleen is besluit op ’n vertikale vlag. Die regering het besluit dat:

Die vlag is vir die eerste keer op 21 Julie 1822 gehys met die amptelike stigting van die Eerste Meksikaanse Keiserryk. Na die ontbinding van die Eerste Meksikaanse Keiserryk is hierdie vlag nie meer gebruik nie.

Eerste vlag van die Meksikaanse Republiek Die vlag en dan veral die embleem (posisie en vorm van die adelaar, die versierings ens.) sou oor tyd verskeie kere aangepas word deur opeenvolgende politieke strominge. Die eerste aanpassing het reeds in 1823 plaasgevind toe die kroon op die kop van die adelaar verwyder is omdat die monargie afgeskaf is nadat keiser Iturbide omvergewerp is. Daar is toe ook enkele ander klein aanpassings gedoen maar die hoogte-breedteverhouding het dieselfde gebly. Hierdie vlag sou tot 30 Desember 1880 in gebruik bly met die periode van die Tweede Meksikaanse Keiserryk (1863–1867) daartussen. Ten tyde van die tweede monargistiese periode het die republikeinse opstandelinge dikwels onder die vlag van 1823 geveg wat na hul oorwinning weer heringestel is.

Die gebied waar die vlag gehys is, is intussen redelik ingeperk aangesien die suide van die Eerste Meksikaanse Keiserryk hom in 1823 onafhanklik verklaar het as die Federale Republiek van Sentraal-Amerika met sy eie vlag. Later sou Meksiko ook in die noorde gebiede moes afstaan, in hierdie geval aan die Verenigde State. Verder het die Republiek van Yucatán (ook met ’n eie vlag) asook die Republiek van die Rio Grande (ook met hul eie vlag) hul tydelik van Meksiko afgeskei.

Die gebruik van hierdie vlag is in 1864 beëindig tydens die ontbinding van die eerste federale republiek.

Tweede Meksikaanse Keiserryk