Hierdie artikel handel oor die soogdier van die familie Felidae, vir die Suid-Afrikaanse provinsiale rugbyspan, sien Pumas, en vir die genus, sien Puma (genus).

Die poema (Puma concolor), voorheen bekend as die bergleeu, is ’n soogdier van die familie Felidae, wat eie is aan die Amerikas. Hierdie groot, enkellopende katsoort het die grootste verspreidingsgebied van alle groot wilde landsoogdiere in die Westelike Halfrond, 'n hougebied wat vanaf Yukon in Kanada tot die suidelike Andesgebergte van Suid-Amerika strek. As ’n aanpasbare, wydverspreide spesie, word die poema in bykans elke groot Amerikaanse habitat aagetref. Die poema kan uitgeken word aan sy groot, katagtige voorkoms, met 'n egalige geelbruin pels en lang stert. ’n Volwasse poema se stert kan nagenoeg een meter lank word, wat sowat ’n derde tot die helfte van sy liggaamslengte beslaan. Dit is die tweede swaarste kat op die twee vastelande, naas die jaguar. Ondanks die poema se bonkige voorkoms, is hy nader verwant aan die kleiner katsoorte, waaronder die huiskat, as aan enige subspesie van die leeu (en gevolglik was die benaming bergleeu nog altyd misleidend).

Die poema, wat meestal teen dagbreek en sononder aktief is, is ’n doeltreffende jagter wat sy prooi óf voorlê óf bekruip en dan bespring. Hul dieet bestaan uit ’n groot verskeidenheid hoefdiere, waaronder takbokke, elke, Amerikaanse elande (moose), dikhoringskape, sowel as beeste, perde en skape, veral in die noordelike dele van die Amerikas, wat ten prooi geval kan word. Nieteenstaande hiervan maak hulle ook jag op insekte- en knaagdierspesies. Hierdie katsoort verkies habitatte met digte onderbos en rotsagtige gebiede om hul prooi beter te bekruip, maar is ook tuis in die oop veld. Die poema is territoriaal van aard, en word in lae bevolkingsdigthede aangetref. Territoriumgroottes hang grotendeels af van die terrein, plantegroei en die hoeveelheid prooi wat voorkom. Hoewel dit ’n groot roofdier is, is die poema nie noodwendig die dominante spesie in sy tuisgebied nie – daar moet onder andere om prooi meegeding word met ander roofdiere soos die jaguar, wolf, swartbeer en grysbeer. Dit is ’n seldsame kat wat die mens gewoonlik probeer ontwyk. Aanvalle op mense kom selde voor, ondanks ’n onlangse toename.

Vanweë oormatige jag en menslike ontwikkeling wat sedert die Europese kolonisering van Amerika inbreuk op die poema se habitat gemaak het, het die bevolkingsgetalle in die meeste dele van die oorspronklike tuisgebied gekrimp. Die puma is veral aan die oostelike Noord-Amerika uitgeroei, met ’n afsonderlike onderbevolking wat in Florida oorleef het. Ooggetuienis beweer dat die dier besig is om na sy voormalige oostelike tuisgebied, waaronder Maine en Noord-Michigan, http://twitpic.com/od2y4 http://www.cougarnet.org/bigpicture.html terug te keer.

In Noord-Amerika is die poema inheems aan Wes-Kanada (veral Brits-Columbië en Yukon), Washington, Oregon en Noord-Carolina. Oregon op sigself is die tuiste vir meer as 5 000 poemas, met die hoogste voorkoms in die Blue-gebergte in die noordoostelike gedeelte van die staat en in die suidwestelike Cascade-reeks. Hul vernaamste prooi bestaan hier uit takbokke, hoewel wasbere, elke, dikhoringskape en ander soogdiere en voëls ook as voedsel dien.

Benaming en naamverklaring duimnael|links|'n Slapende poema Omrede die poema so wydverspreid voorkom, dra hierdie dier verskeie name, inheemse mitologiese en hedendaagse verwysings saam met hom. Cougar, puma en mountain lion word die meeste in die Engelse taal gebruik, hoewel ander name soos catamount, panther, mountain screamer en painter ook soms gebesig word. Woordeboekskrywers beskou painter as ’n merendeels hoog-suidelike VSA taalvariant van panther, hoewel die volksetimologie aanvoer dat die tipiese donker stertpunt ’n skilderkwas versinnebeeld.

Die poema hou die Guinness Wêreldrekord vir die dier met die meeste aantal benaminge – met oor die 40 name net in Engels.

"Cougar" kan vanaf die Portugese çuçuarana, deur Frans, vanaf die oorspronklike Tupí-woord ontleen wees. Die huidige Brasiliaanse vorm is suçuarana. Dit kon ook vanuit Guaraní as guaçu ara of guazu ara ontleen wees.

"Puma" ken sy oorsprong deur Spaans vanuit die Quechua-taal. Cougar Puma

Klassifikasie en ewolusie duimnael|links|Afgesien van die poema se bonkige voorkoms, is hy die naaste aan die kleiner katsoorte verwant Die poema is die grootste spesie onder die kleiner katsoorte. Dit word onder die subfamilie Felinae ingedeel, hoewel sy bonkige trekke met dié van die groot katte uit die subfamilie Pantherinae ooreenstem. Die Felidae-familie het na bewering sy oorsprong sowat 11 miljoen jaar gelede in Asië gehad. Taksonomiese navorsing word grootliks op mitochondriese DNS-ontleding geskoei, omrede die katfossiele wat opgediep is maar aan die skraal kant is. Daar is wel beduidende sekerheid rakende die tydperk waarin die oerspesies voorgekom het.

In die nuutste genomiese navorsing oor die Felidae, het die algemene voorsaat van die huidige Leopardus, Lynx, Puma, Prionailurus en Felis-afstammelinge sowat 8 tot 8,5 miljoen jaar gelede na die Amerikas oor die Beringlandbrug getrek. Die afstammelinge het gevolglik in hierdie volgorde voortgespruit. Die Noord-Amerikaanse katsoorte het van daar sowat 3 miljoen jaar gelede Suid-Amerika binnegedring, tydens die Groot Amerikaanse Verwisseling, wat met die vorming van die Isthmus van Panama opgevolg is. Die poema is oorspronklik onder die Felis-genus geklassifiseer (Felis concolor), wat dieselfde genus is waaraan die huiskat behoort. Vanaf 1993 word die poema onder Puma ingedeel, saam met die jaguarandi, ’n katsoort wat ’n klein bietjie minder as ’n tiende van die poema se massa uitmaak.

Navorsing het bewys dat die poema en jaguarandi die naaste verwant is aan die moderne jagluiperd van Afrika en Wes-Asië, hoewel hierdie verband onopgeklaar bly.

Daar is al voorgestel dat die jagluiperd-afstammelinge uit die Puma-familie voortgespruit het in die Amerikas (sien Amerikaanse jagluiperd) en na Asië en Afrika teruggetrek het, terwyl ander navorsing daarop dui dat die jagluiperd se ontstaan in die Ou Wêreld self plaasgevind het. Die uiteensetting van die Felinae-migrasie na die Amerikas bly steeds onduidelik.

Nuutgevonde navorsing toon hoë genetiese verwantskap onder die Noord-Amerikaanse poemabevolkings, wat aan die hand doen dat hulle almal as onlangse nakomelinge vanuit ’n klein voorvaderlike katgroep gespruit het. Culver et al. glo dat die oorspronklike Noord-Amerikaanse Puma concolor-bevolking gedurende die Pleistoseen-uitwissing ongeveer 10 000 jaar gelede uitgesterf het, gesamentlik met ander groot soogdiere soos die Smilodon. Noord-Amerika is toe deur ’n groep Suid-Amerikaanse poemas herbevolk.

Subspesies duimnael|Ondanks sy grootte is die poema nouer verwant aan kleiner katte as aan ander groot katte duimnael|Nabyskoot van die gesig Tot en met die laat-1990’s is soveel as 32 subspesies opgeteken. ’n Onlangse genetiese studie van mitochondriese DNS het bevind dat baie van hierdie subspesies te veel ooreenstem om as ’n onderskeie subspesie op molekulêre vlak uitgesonder te word. Uit hierdie navorsing erken die kanonieke Mammal Species of the World (3de uitgawe) ses subspesies, waarvan vyf uitsluitlik in Latyns-Amerika te vinde is:

Argentynse poema (P. c. cabrerae): wat die vorige subspesies en sinonieme hudsonii en puma (Marcelli, 1922) insluit; Costa Ricaanse poema(P. c. costaricensis) Noord-Amerikaanse poema (P. c. couguar): wat die vorige subspesies en sinonieme arundivaga, aztecus, browni, californica, coryi, floridana, hippolestes, improcera, kaibabensis, mayensis, missoulensis, olympus, oregonensis, schorgeri, stanleyana, vancouverensis en youngi insluit; Noordelike Suid-Amerikaanse poema (P. c. concolor): wat die vorige subspesies en sinonieme bangsi, incarum, osgoodi, soasoaranna, sussuarana, soderstromii, sucuacuara en wavula insluit; Oostelike Suid-Amerikaanse poema (P. c. anthonyi): wat die vorige subspesies en sinonieme acrocodia, borbensis, capricornensis, concolor (Pelzeln, 1883), greeni en nigra insluit; Suidelike Suid-Amerikaanse poema (P. c. puma): wat die vorige subspesies en sinonieme araucanus, concolor (Gay, 1847), patagonica, pearsoni en puma (Trouessart, 1904) insluit.

Wat betref die Florida panther, wat onder die Noord-Amerikaanse Poema ingedeel is, bly die status onseker. Dit word steeds gereeld onder die subspesie P. c. coryi in navorsingswerke aangetoon, wat dié met betrekking op omgewingsbewaring insluit.

Culver et al. self het ’n lae mikrosatelliet verskeidenheid in die Florida panther opgemerk, wat moontlik weens inteling toegeskryf kan word. In reaksie op hierdie navorsing het een bewaringsgroep genoem dat die mate waartoe die wetenskaplikes die resultate en voorgestelde taksonomiese verdeling van Culver et al. aanvaar, onbekend is.

Biologie en gedrag Fisieke eienskappe duimnael|links|Die poema se kopbeen en kakebeen +Tandformule Bokaak Tande Tande Onderkaak

Die poema is ’n slanke en ratse kat. Die volwassenes se skouerhoogte is sowat 60 tot 76 cm. Die volwasse poemamannetjies is gemiddeld 2,4 m lank, van neuspunt tot stertpunt, wat tussen 1,5 en 2,75 m kan afwissel. Die mannetjies se liggaamsmassa is ongeveer 53 tot 90 kg, met 62 kg as die gemiddelde. Selde sal 120 kg oorskry word. Die wyfies se massa wissel tussen 29 en 64 kg, met ’n gemiddelde van 42 kg. http://animaldiversity.ummz.umich.edu/site/accounts/information/Puma_concolor.html http://pick4.pick.uga.edu/mp/20q?search=Puma+concolor Die poema se liggaamsbou is die kleinste by die ewenaar en raak geleidelik groter soos daar na die pole beweeg word.

Die kop is rondvormig, met regop ore. Sy kragtige voorbene, nek en kake is goed aangepas om groot prooidiere vas te gryp en te klou. Vyf intrekbare kloue is op die voorpote (die een is ’n valskloutjie) en vier op die agterpote teenwoordig. Die groter voorpote en kloue word ingespan om ’n beter houvas op die prooi te kry.

duimnael|links|Agterpoot van 'n poema duimnael|Hoewel poemas trekke van die tipiese huiskat het, is hulle omtrent net so groot soos ’n volwasse mens Poemas kan amper so groot soos jaguars word, maar is minder gespierd en nie so sterk nie. Waar hierdie twee diere se tuisgebiede oorkruis, is die poema geneig om van ondergemiddelde grootte te wees. Die poema is omtrent so swaar soos die luiperd. Ten spyte van sy grootte word hy nie as ’n "groot kat" gereken nie, omrede die poema nie kan brul nie – die aangepaste strottehoof en gaapbeen van die Panthera ontbreek. Die poema kan wel soos die huiskat lae grom-, spoeg- en spingeluide voortbring, sowel as tjirp- en fluitklanke. Sy geskree is welbekend, soos in sommige van die poema se volksname (byvoorbeeld mountain screamer) vermeld word. Tog word hierdie geskree dikwels verkeerdelik toegeskryf as die geluide/geroep van ander diere.

Die pelskleur van die poema is effekleurig (vandaar die Latynse concolor), maar kan grootliks tussen indiwidue en selfs sibbe verskil. Die pels is kenmerkend geelbruin, maar wissel tot silwergrys of rooierig, met ligter vlekke wat op die ken, keel, bors en binnekante van die ledemate voorkom.

Welpies word met spikkels, blou oë en kringe op hul stertjies gebore; jong poemas is vaal met donker kolle wat op hul lieste agterbly. Ongeag van die vele staaltjies wat op die teendeel toon, is daar nog geen oraloor-swart poemas (melanisme) gedokumenteer nie.