Carisbrook was 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland. Dit was die stad se plaaslike en internasionale rugbystadion, maar is ook reeds gebruik vir ander sportsoorte soos krieket, sokker, Rugby League en motocross. Carisbrook het ook reeds 'n konsert van Joe Cocker aangebied asook voorwedstrydkonserte in die 1990's. In 2011 het Carisbrook sy deure gesluit om plek te maak vir die Forsyth Barr-stadion in Noord-Dunedin.

duimnael|links|'n Krieketwedstryd tussen die plaaslike Otagospan en die besoekende Australië op Carisbrook in 1910 Die stadion het sedert die 1990's dag- en aandwedstryde aangebied. Dit staan plaaslik bekend as Die Brook en wêreldwyd soms as die House of Pain weens die feit dat rugbytoerspanne gesukkel het om oorwinnings te behaal in die stadion. Carisbrook is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 en die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik.

Die stadion is geleë in die Caversham-voorstad aan die voet van die Glen, 'n steil vallei, en lê tussen die Suid-Eiland hoofspoorlyn en Hillside Ingenieurswerke. Die stadsentrum is ongeveer drie kilometer noordoos van die stadion en die Staatsnelweg 1 loop naby die noordelike grens van die stadion verby.

Carisbrook is genoem na die landgoed van 'n vroeë koloniale setlaar, James Macandrew (die landgoed is vernoem na 'n kasteel op die Eiland Wight). Die stadion is ontwikkel gedurende die 1870's en is die eerste keer gebruik vir 'n internasionale krieketwedstryd in 1883 toe Otago teen 'n span van Tasmanië gespeel het. Van 1908 af is internasionale rugbywedstryde op die stadion gespeel en van 1955 af is krieket op 'n meer gereelde basis gespeel.

Die stadion was die tuisveld van die Highlanders in die Superrugby en Otago in die Air New Zealand-beker wat na Forsyth Barr-stadion verhuis het. Dit was vroeër ook die tuisveld van Otagokrieket (wat na die Universiteitsovaal te Loganpark verhuis het in die vroeë 2000's) en die Otago sokkerspan in die Nieu-Seelandse Sokkerkampioenskap (wat in die 2008-'09-seisoen na Sunnyvalepark verhuis het).

Wedstryde Rugbywêreldbeker 1987

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 30 Mei 1987 19–46 Groep B 9 000 31 Mei 1987 15–18 Groep C 13 000 2 Junie 1987 Roemenië 28–55 Groep D 14 000

Krieketwêreldbeker 1992

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Dunedin Kategorie:Krieketstadions in Nieu-Seeland Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Nieu-Seeland