Gila Gamliel, Hebreeus: גילה גמליאל , (gebore 24 Februarie 1974 in Gedera) is 'n Israelse politikus wat aan die politieke party Likoed behoort.

Van 2003 tot 2006 was sy 'n lid van die Knesset gewees, die volksverteenwoordiging van Israel. Sedert 2009 is sy weer 'n lid van die Knesset. Van 2005 tot 2006 was sy adjunk-minister vir landbou en platteland in die Sharon II-kabinet gewees. Van 2009 tot 2013 was sy weer adjunk-minister gewees, hierdie keer vir jeugdiges, studente en vroue in die Netanyahu II-kabinet. Van 2015 tot 2020 was sy minister van Ouere in die Netanyahu IV-kabinet (in Augustus 2015 verander in minister van Sosiale Gelykheid) gewees. Van 2020 tot 2021 was sy minister van Omgewingsbeskerming in die Netanyahu-Gantz-kabinet. Sedert 2023 is sy minister van Inligtings in die Netanyahu VI-kabinet.

Gamliel het Midde-Oosterse geskiedenis en filosofie aan die Ben-Gurion Universiteit van die Negev studeer en was die voorsitter van die studenteraad gewees. Later het sy ook in die regte gestudeer aan die Ono Academic College en die Bar-Ilan Universiteit.

Gila Gamliel is vir die tweede keer getroud en woon in Tel Aviv.

Eksterne skakels

Gila Gamliel, webwerf van die Knesset. Gila Gamliel, MK. Minister for Social Equality (Likud), lewensloop op die webwerf van die Israelse Ministerie van Buitelandse Sake.

Kategorie:Israelse adjunk-ministers Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Israelse vakbondleiers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Ministers van Landbou Kategorie:Sersante Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense