Die nasionale vlag van Grenada is op 7 Februarie 1974 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi band buite om met ses geel vyfpuntige sterre aan die bo- en onderkant. Binne die rooi band is twee geel (bo en onder) en twee groen (vlagpaal- en wapperkant) driehoeke, ’n rooi skyf en vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag en ’n klawertjie neutmuskaat in die groen driehoek aan die vlagpaalkant.
Simboliek Die ses sterre in die rooi band stel ses gemeentes (provinsies) van Grenada voor met die ster in die middel, wat in ’n rooi skyf is, wat die hoofstad St. George’s voorstel. Die neutmuskaat aan die vlagpaalkant van die vlag stel een van die land se vernaamste uitvoerprodukte voor. (Daar is soms verwys na Grenada as die "Spesery-eiland".
Die kleurkombinasie van rooi, geel en groen (die Pan-Afrika kleure) in die vlag stel die land se verbintenis met Afrika voor. Verder stel rooi moed en vitaliteit voor, geel stel wysheid en warmte voor en groen stel die plantegroei en landbou voor.
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Grenada by Flags of the World.
Kategorie:Grenada Grenada