duimnael|Zelt Musik Festival 2015. Freiburg, Duitsland duimnael|Zelt Musik Festival 2015. Freiburg, Duitsland

Juan Vasquez Esteban Aristizabal (gebore 9 Augustus 1972 in Medellín, Antioquia, Colombia), beter bekend as Juanes is 'n sanger, liedjieskrywer, regisseur en aktivis. Hy sing Colombiaanse pop en rock wat in Spaans versmelt is met verskillende musikale ritmes. Hy is ook 'n uitgesproke aktivis vir maatskaplike en humanitêre kwessies. Sy verhoognaam, Juanes, is sy bynaam uit sy kinderjare, en is 'n samestelling van sy eerste naam en die eerste lettergreep van die tweede. Juanes het 'n deel van sy kinderjare in die munisipaliteit van Carolina del Principe (westelike Colombia) en later in Medellín deurgebring.

Juanes het wêreldwyd meer as miljoen eksemplare van sy vier albums verkoop, en dié was suksesvol op al vyf kontinente. Hy is 'n wydreisende sanger na Spaanssprekende lande, en is die mees erkende kunstenaar in Colombia.

Diskografie 2000 - Fíjate Bien 2002 - Un Día Normal 2004 - Mi Sangre 2007 - La Vida... Es Un Ratico 2010 - P.A.R.C.E.

Lirieke 2000 - Fíjate Bien 2002 - A Dios le pido 2005 - La camisa negra 2007 - Me Enamora 2010 - Yerbatero

DVD's 2003 - El Diario de Juanes 2008 - La Vida... Es Un Ratico (en vivo)

Toere La vida Wêreldtoer Mi Sangre Wêreldtoer P.A.R.C.E. Toer

Kategorie:Colombiaanse musici Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense