Johan Botha (* 19 Augustus 1965 in Rustenburg, Suid-Afrika; † 8 September 2016 in Wene, Oostenryk) was 'n Suid-Afrikaanse tenoor.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Hy maak sy debuut in 1989 op die verhoog van die munisipale teater in Roodepoort as Max in Der Freischütz. Sy internasionale deurbraak kom in 1993 by die Opera de la Bastille as Pinkerton in Puccini se Madama Butterfly. Sedertdien het hy opgetree by toonaangewende operahuise oor die wêreld soos die Metropolitan Opera, Weense Staatsopera, Opera Australia, Royal Opera House (Londen), La Scala, en die Salzburg Festival. Hy is op 8 September 2016 na 'n stryd teen kanker oorlede.

Opnames Johan Botha is die Suid-Afrikaanse operasanger wat by verreweg die meeste Internasionale opnames gemaak het: Albert: Tiefland onder Bertrand de Billy (2006) Oehms OC 312 Dvorak: Stabat Mater (2001) Charles Koechlin: The Jungle Book (1994) The Puccini Experience (1995) Mahler Simfonie 8 onnder Boulez en De Billy Puccini: Turandot onder Gergiev (DVD) Richard Strauss: Daphne onder Bychkov Richard Strauss: Elektra onder Barenboim Richard Strauss: Friedenstag onder Sinopoli Richard Strauss: Taillefer Verdi: Aida onder Gatti (DVD) Verdi: Requiem onder Sinopoli Wagner: Lohengrin onder Bychkov Wagner: Die Meistersinger von Nurnberg onder Thielemann (DVD) Wagner: Tristan und Isolde onder Barenboim Wagner: Die Duette uit Tristan under Isolde onder De Billy Wagner: Die Walkure onder Thielemann (CD en DVD) Ioan Holender Afskeidskonset (Gala van Weense Staatsopera) (DVD) Italiaanse Arias (2001) Wagner Tenoor Arias Weense Staatsopera Gala (DVD)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Verwysings

Eksterne skakels

Johan Botha se amptelike webtuiste Biografie op "Metropolitan Opera"

Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Sterftes in 2016