Bursa 280px Kaart Wapen 180px|senter Vlag 75px|senter Land  Région (Admin. gewes) Bursa Département Koördinate  Stigting 188 v.C./187 v.C. Oppervlakte:    - Totaal 1 036 vk km  Hoogte bo seevlak 100 m Bevolking:    - Totaal (2007) 1 431 172  - Bevolkingsdigtheid 1 381/vk km  - Aire urbaine 2 562 828 Tydsone UTC +1  - Somertyd UTC +2 Burgemeester (2008–2014) Recep Altepe (AKP) Amptelike webwerf www.bursa.bel.tr

Bursa is ’n stad in Noordwes-Turkye en die hoofstad van die Bursa-provinsie. Met sy bevolking van 2 562 828 in 2007, is dit die land se vierde grootste stad. Bursa is in 2014 saam met Cumalıkızık deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Bursa is aan die noordwestelike hange van Berg Uludağ in die suidelike Marmara-streek geleë. Daar word dikwels na die stad verwys as "Yeşil Bursa" ("Groen Bursa") vanweë sy talle parke en tuine, asook die groot woude in die omliggende gebied. Die stad is sinoniem met Berg Uludağ, ’n gewilde ski-oord, wat bo hom uittroon.

Daar is talle mausoleums van vroeë Ottomaanse sultans en ander geboue uit dié tyd. Die omringende vrugbare vlakte, sy warmbaddens en verskeie interessante museums, veral die argeologie-museum, is elemente waarvoor Bursa bekend is.

Galery

Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Bursa

Eksterne skakels

Amptelike UNESCO bladsy

Kategorie:Nedersettings in Turkye Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Turkye