Michael VIII Palaiologos of Paleologus (Grieks: Μιχαὴλ Η΄ Παλαιολόγος, Mikhaēl VIII Palaiologos; 1223 - 11 Desember 1282) was van 1259 tot 1261 medekeiser van die Niceense Ryk en van 1261 tot met sy dood keiser van die Bisantynse Ryk.

Hy was die stigter van die Palaiologos-dinastie wat tot met die val van Konstantinopel in 1453 oor die Bisantynse Ryk regeer het.

Bewind Johannes IV Laskaris van Nicea was net sewe jaar oud toe sy pa, Theodorus II, dood is en hy die troon geërf het. Sy regent was oorspronklik die burokraat George Mouzalon, maar hy is deur die adel vermoor en Michael, wat hulle leier was, het die pos oorgeneem. Kort daarna, op 1 Januarie 1259 het hy homself medekeiser gemaak.

In 1261 het hy Konstantinopel terugverower van die Rooms-Katolieke van die Vierde Kruistog wat die stad ingeneem en die Latynse Ryk gestig het. Hy het daarna die Niceense Ryk in ’n herstelde Bisantynse Ryk omskep.

Tydens sy bewind is die Bisantynse mag herstel, onder meer die leër en vloot. Die stad is ook herstel en die bevolking het vergroot.

Ná die verowering van Konstantinopel is Johannes IV in Nicea agtergelaat. Hy is op sy 11de verjaardag, 25 Desember 1261, in opdrag van Michael verblind. Dit het hom ongeskik vir die troon gemaak en hy is verban en in ’n fort in Bithinië opgesluit. Hy het die res van sy lewe as ’n monnik onder die naam JoasaphDonald M. Nicol, The Last Centuries of Byzantium, 1261–1453, 2de uitg. (Cambridge: University Press, 1993), p. 246 deurgebring.Gharipour Mohammad. "Sacred Precincts: The Religious Architecture of Non-Muslim Communities Across the Islamic World" BRILL, 14 November 2014. p. 147

Michael het ook gou Johannes se susters met twee Italiaanse en ’n Bulgaarse adellike laat trou sodat hulle kinders nie ’n bedreiging vir sy eie kinders sou wees in die opvolging van die Bisantynse troon nie.

Verwysings

Bykomende bronne

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Niceense keisers Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 1223 Kategorie:Sterftes in 1282