Die Egeïese See (Grieks: Αιγαίο Πέλαγος, [eˈʝeo ˈpelaɣos], ; Turks: Ege Denizi, [e̞ɟe̞ de̞n̪iz̪i]) is die deel van die Middellandse See tussen Griekeland in die weste, Turkye in die ooste en Kreta in die suide. In die noorde word dit verbind met die See van Marmara, en uiteindelik die Swartsee, deur onderskeidelik die Dardanelle en Bosporus. Die see was aanvanklik bekend as Archipelago (in antieke Grieks: Αρχιπέλαγος). Die betekenis van hierdie naam het intussen verander en verwys tans na die Egeïese eilande in dié see, en meer algemeen na enige eilandgroep.
duimnael|links|Kaart van die Egeïese See Die belangrikste nedersettings aan die see is Athene, Heraklion, Rhodosstad en Thessaloniki in Griekeland asook Izmir in Turkye. Van die belangrikste riviere wat in dié see uitmond, is die Maritsa. Van die eilande in die Egeïese See sluit in Delos, Dodekanese, Kreta, Kuklade, Lesbos en Rhodos.
Verwysings ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Aegean Sea
Eksterne skakels