Die Crusaders (voorheen bekend as die Canterbury Crusaders) is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat sedert 1996 as ’n konsessie aan die Superrugbykompetisie deelneem. Die konsessie sluit die Canterbury-, Tasman-, Weskus- en Marlboroughprovinsies in. Die spelers van Canterbury en Tasman neem ook aan die ITM-beker deel terwyl spelers van Buller, Mid-Canterbury, Suid-Canterbury en die Weskus aan die Heartland-kampioenskap deelneem. Die meeste van hulle tuiswestryde word gespeel in die AMI-stadion.
Geskiedenis Begin: 1996 en 1997 Die Crusaders se konsessie is gestig as een van vyf Nieu-seelandse spanne om aan die Super 12 deel te neem. Die Crusaders se konsessiegebied beslaan die hele noorde van die Suid-Eiland van Nieu-Seeland en het bestaan uit die Buller-, Canterbury-, Marlborough-, Mid-Canterbury-, Nelson Bay-, Suid-Canterbury- en Weskusrugbyunies.McIlraith (2005), p. 320.Die Marlborough- en Nelson Bay unies het sedertdien saamgesmelt om die Tasmaanse Rugbyunie te vorm. Die eerste Crusaderskaptein was Richard Loe, stut van die All Blacks en die span is afgerig deur Vance Stewart.McIlraith (2005), p. 321. Die Crusaders het gesukkel in die eerste seisoen en het heel onder aan die punteleër geëindig met slegs twee seges in die seisoen.McIlraith (2005), p. 235. Die agt verliese het ’n verlies van 49 – 18 teen die Auckland Blues en een van 52 – 16 teen die Queensland Reds ingesluit.Gifford (2004), p.151
Vir die volgende seisoen het hulle ’n nuwe afrigter en nuwe kaptein gekry. Todd Blackadder het vir Loe opgevolg as kaptein en Wayne Smith het oorgeneem as afrigter. Met vyf seges het die Crusaders sesde geëindig na die rondomtalie.McIlraith (2005), p.243 In die Crusaders se laaste wedstryd van die 1997-seisoen het hulle die Queensland Reds met 48 – 3 gewen en die vorige seisoen se verloor gewreek.
Driekuns: 1998 tot 2000 Die Crusaders het hul eerste titel in 1998 gewen ten spyte van slegs een oorwinning in hul eerste vier wedstryde. Hulle het die rondomtalietoernooi afgesluit met ’n tweede plek nadat hulle hul laaste sewe wedstryde gewen het.Gifford (2004), p. 169. Hulle het in die halfeindronde teen die Coastal Sharks gewen met 36 – 32.McIlraith (2005), p. 252. In die eindronde op Edenpark het hulle teen die Auckland Blues gespeel en in die week voor die wedstryd was die moraal onder die Crusaders maar laag.McIlraith (2005), p. 84. Met een minuut se speeltyd oor was die spanne gelykop met 13 elkGifford (2004), p. 172. Andrew Mehrtens het ’n skoppie na die hoekvlag gegee, James Kerr het vinnig opgevolg en die wendrie gedruk. Met die Crusaders se terugkeer na Christchurch is hulle op ’n oorwinningsrit deur die stad met nagenoeg 100,000 mense wat kom kyk het.
Die 1999-seisoen was ewe suksesvol vir die Crusaders ten spyte van slegs ’n vierde plek op die punteleer nadat hulle hul laaste vier rondomtaliewedstryde gewen het.Gifford (2004), p. 174.McIlraith (2005), p. 260. Hulle het die Queensland Reds, wat bo-aan die punteleer was, gewen in Brisbane in die halfeindronde en is na Dunedin om teen die Otago Highlanders in die eindronde te speel. Die Crusaders het die eindstryd met 24 – 19 gewen nadat Afato So’oalo die wendrie gedruk het toe hy die bal geskop, dit self weer gevang, en vir Jeff Wilson, All Black-vleuel, weggehardloop het.Gifford (2004), p. 175.McIlraith (2005), p. 106.
Nadat die All Blacks in die halfeindronde van die Rugbywêreldbeker 1999 uitgeskakel is, het Wayne Smith vir John Hart as afrigter van die All Blacks opgevolg.Palenski (2003), p. 242. Robbie Deans het vir Smith opgevolg as afrigter van die Crusaders. In Deans se eerste jaar as afrigter het die Crusaders hul derde titel in ’n ry ingepalm – iets wat nog nie weer gebeur het nie. Die Crusaders was tweede op die punteleer na die rondomtaliewedstryde en het in Christchurch teen die Highlanders gespeel vir ’n plek in die eindstryd.McIlraith (2005), p. 268.McIlraith (2005), p. 269. Twee drieë in die laaste 20 minute deur Marika Vunibaka het ’n oorwinning van 37 – 15 verseker.McIlraith (2005), p. 124.
Die eindstryd in 2000 is in die sneeu gespeel in Canberra teen die .Gifford (2004), p. 179. Vier minute voor die eindfluitjie sou blaas het die Brumbies deur ’n strafskop met 19 – 17 voorgeloop. Die Crusaders het egter ’n strafskop gekry na die afskop en Mehrtens het die skop oorgesit en verseker dat die Crusaders hul derde titel wen met 20 – 19.McIlraith (2005), p. 125.
Ontwikkeling van ’n nalatenskap: 2001 tot 2005 duimnael|300px|regs|Die Crusaders skrum teen die Brumbies in Mei 2006 Na die drie opeenvolgende Super 12-titels het die Crusaders tiende geëindig in 2001 — hul swakste vertoning sedert 1996. In 2002 het die Crusaders met mening teruggeveg toe hulle die seisoen onoorwonne afgesluit het na die rondomtalietoernooi. Alhoewel dit die geval was het die Crusaders ses van hul wedstryde met sewe punte of minder gewen.Sewe punte is noemenswaardig omdat dit die waarde van ’n verdoelde drie is.McIlraith (2006), p.164 Die elf oorwinnings het die 96 – 19 sege in die twaalfde ronde oor die Waratahs, wat op daardie stadium tweede op die punteleer was, ingesluit.
Die Crusaders het teen die Highlanders in die halfeindronde gespeel en die wedstryd met 34 – 23 gewen nadat hulle halftyd met 18 – 6 voorgeloop het. Die volgende week het hulle teen die Brumbies in die eindronde gespeel. Dit was die eerste eindronde op die Jade-stadion. Met agt minute se speeltyd oor het die Crusaders met 14 – 13 voorgeloop maar Caleb Ralph het in die laaste minute ’n drie gedruk en die Crusaders het met 31 – 13 gewen.Gifford (2004), p.189McIlraith (2006), p.165
Die Crusaders se onoorwonne rekord het in die derde ronde van die 2003-seisoen in die slag gebly toe hulle met 39 – 5 teen die verloor het.McIlraith (2005), p.288. Die Crusaders het die seisoen in die tweede plek op die punteleer afgesluit. Hulle het in die halfeindronde teen die Hurricanes gespeel wat deur die voormalige assistentafrigter van die Crusaders, Colin Cooper, afgerig is. Die Crusaders het die wedstryd met 39 – 16 gewen.McIlraith (2005), p. 294. In die eindronde het die Crusaders teen die Blues gespeel wat ook deur ’n voormalige assistentafrigter van die Crusaders, Peter Sloane, afgerig is. Die Crusaders het met halftyd met 10 – 6 voorgeloopMcIlraith (2005), p. 186. maar die Blues het teruggeveg en tien minute voor die einde was die Blues voor met 21 – 10. Die Crusaders het in daardie tien minute een drie gedruk en die Blues het uiteindelik die wedstryd met 21 – 17 gewen.
Die 2004-seisoen het afgeskop met twee verloorwedstryde, eers teen die Waratahs en daarna teen die Blues.McIlraith (2005), p.191 Hulle het die seisoen weer in die tweede plek afgesluitMcIlraith (2005), p.302. en het teen die Stormers in die halfeindronde gespeel en met 27 – 16 gewen. Hulle het weer teen die Brumbies in die eindronde te staan gekom. Die Brumbies het die eerste 19 minute oorheers en 33 ponte teen 0 aangeteken.McIlraith (2005), p.188 Die Crusaders het teruggeveg maar uiteindelik met 47 – 38 verloor.
Die Crusaders se eerste wedstryd in 2005 was ’n herhaling van die vorige eindstryd teen die Brumbies met die Brumbies wat in Canberra geseëvier het.McIlraith (2005), p. 303. In die sewende ronde is die kaptein, Richie McCaw, bewusteloos van die veld af tydens die Crusaders se verlies van 35 – 20 teen die Bulls. Die Crusaders het egter die seisoen afgesluit in die eerste plek.McIlraith (2005), p. 203.McIlraith (2005), p.310 McCaw was weer fiks om die Crusaders in die halfeindstryd teen die Hurricanes aan te voer. Die Crusaders het met 47 – 7 gewen en die Waratahs moes na Christchurch reis vir die eindronde. Die Crusaders het hulle vyfde Super 12-titel met 35 – 25 teen die Waratahs gewen.McIlraith (2005), p.205McIlraith (2005), p.311
As beloning vir hul sewende eindstryd en vyfde titel mog die Crusaders die Super 12-trofee hou. Aan die einde van die 2005-seisoen het die Crusaders afskeid geneem van Andrew Mehrtens en Justin Marshall wat van die begin in 1996 vir die span gespeel het.
Super 14: 2006 tot 2010 duimnael|regs|Die Crusaders speel teen die in 2006 In 2006 is die Super 12 uitgebrei na 14 spanne met die toevoeging van die van Australië en die van Suid-Afrika. Die Crusaders se onoorwonne lopie van sestien wedstryde het amper in die elfde ronde teen die Western Force ten einde geloop toe hulle gelykop gespeel het. Dit het wel die volgende naweek ten einde geloop toe die Crusaders teen die Stormers in Kaapstad verloor het. Dit was die enigste wedstryd wat die Crusaders daardie seisoen verloor het en hulle het weer bo-aan die punteleër geëingid. Nadat die Crusaders die Bulls met 35 – 15 in die halfeindronde geklop het, het hulle teen die Hurricanes in die eindronde gespeel. Die wedstryd is in digte mis gespeel. Baie toeskouers het nie die wedstryd klaar gekyk nie en het reeds voor die eindfluitjie die stadion verlaat. Met 20 minute speeltyd oor was die telling 9 elk. Casey Laulala het toe die enigste drie gedruk en die Crusaders het met 19 – 12 gewen.
In 2007 het sewe spelers van die Crusaders die eerste sewe weke van die kompetisie misgeloop sodat hulle kon deelneem aan die All Blacks se "kondisioneringsprogram". Die kondisioneringsprogram was deel van die All Blacks se voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker 2007; 22 spelers is vir die program gekies. Die Crusaders het sleutelspelers soos Chris Jack, Richie McCaw, Greg Somerville, Reuben Thorne, Dan Carter, Leon MacDonald en Aaron Mauger afgestaan. In die agtste ronde van die kompetisie was al die spelers behalwe Somerville (hy het ’n besering opgedoen) weer beskikbaar vir die Crusaders. Die Crusaders was na die negende ronde in die twee plek op die punteleër voordat hulle met 53 – 0 teen die Force in die tiende ronde gewen het. Hierdie oorwinning oor die Force was die Crusaders se 100ste in Superrugby — die Crusaders is die eerste konsessie wat dit kon regkry.
Voor die laaste ronde was die Crusaders bo-aan die punteleër. Om ’n halfeindstryd in Christchurch te verseker moes hulle die Chiefs wen in die veertiende ronde. Die Chiefs het die wedstryd met 30 – 24 gewen en daarmee die Crusaders se reeks van 26 oorwinnings in Christchurch beëindig. Die Bulls het in die veertiende ronde die Reds met 92 – 3 gewen en in die proses die Crusaders verbygesteek om tweede op die punteleër te eindig. Die Crusaders moes na Pretoria reis vir die halfeindronde teen die Bulls waar hulle met 27 – 12 verloor het.
Die 2008-seisoen was weer ’n suksesvolle ene vir die Crusaders. Hulle het die seisoen afgesluit in die boonste plek op die punteleër en die Hurricanes met 33 – 22 in die halfeindronde gewen. Daarna het hulle in die eindronde teen die Waratahs gespeel en gewen met 20 – 12. Die volgende seisoen het nie goed afgeskop vir die Crusaders nie en hulle kon slegs een van hulle eerste vyf wedstryde wen. Die span het uiteindelik sy voete gevind en die seisoen afgesluit in die vierde plek op die punteleër. Die Crusaders het net bo die Waratahs geëindig. Hulle het dieselfde hoeveelheid punte gehad maar die Crusaders se punteverskil was groter as dié van die Waratahs. Die Crusaders het in die halfeindronde teen die Bulls op Loftus Versfeld voor ’n skare van 52,000 met 36 – 23 verloor. Dit was slegs die tweede keer dat die Crusaders in die halfeindronde verloor het; die vorige keer was in 2007 ook teen die Bulls.
Nuwe era: 2011 tot huidig