Jan Józef Ignacy Łukasiewicz (* 8 Maart 1822 in Zaduszniki naby Baranów Sandomierski, † 7 Januarie 1882 in Chorkówka) was 'n Poolse chemikus, apteker en pionier van die oliebedryf wat in 1856 die eerste olieraffinadery ter wêreld opgerig het.Alison Fleig Frank: Oil Empire: Visions of Prosperity in Austrian Galicia. Harvard Historical Studies. Cambridge, MA: Harvard University Press 2005
Sy ander prestasies sluit die ontdekking van 'n distilleringsproses vir keroseen, die uitvinding van die moderne petroleumlamp in 1853, die invoering van die eerste moderne straatlamp in Europa (1853) en die bou van die eerste olieboor in Pole (1854).Universiteit van Warskou: Beduidende datums van die Poolse oliebedryf ,
Sy uitvindings het van Łukasiewicz 'n welvarende man gemaak, en hy was een van die bekendste filantrope in Galisië. Vanweë sy steun vir die ekonomiese ontwikkeling van hierdie Sentraal-Europese streek het 'n spreekwoord ontstaan waarvolgens alle geteerde paaie aan sy guldens te danke was.
Verwysings
Kategorie:Poolse wetenskaplikes Kategorie:Chemici Kategorie:Uitvinders Kategorie:Geboortes in 1822 Kategorie:Sterftes in 1882