duimnael|260px|Nelson Mandela se aftreehuis te Qunu
Qunu is 'n klein plattelandse dorpie in die voormalige Transkei. Die dorpie is 32 km (20 myl) suidwes van Mthatha (Umtata) op die pad tussen Butterworth en Mthatha in die Oos-Kaap, Suid-Afrika geleë.
Die Mandela-familie Wyle President Nelson Mandela is hier naby op die dorpie Mvezo langs die M'basherivier gebore. Hy word egter op Qunu groot nadat sy vader as die hoofman van Mvezo onttroon is en hierheen verhuis het. Mandela het na sy aftrede in Mei 2012 weer na die dorp teruggekeer. In sy outobiografie, Long Walk to Freedom, beskryf Mandela die dorp as waar hy die gelukkigste oomblikke van sy kinderjare deurgebring het.
Die oorskot van drie van Mandela se kinders is oorspronklik hier begrawe, maar is deur een van sy kleinseuns, Mandla Mandela, op Mvezo herbegrawe, waar hy die hoofman was. Op 3 Julie 2013 beslis die Oos-Kaapse hooggeregshof dat die kinders se oorskot opgegrawe en weer op Qunu begrawe moet word.Mandela-kinders se oorskot vandag opgegrawe , Nuus24, besoek op 3 Junie 2013 Kort na die voorval het koning Buyelekhaya Dalindyebo vir Mandla Mandela van sy pligte as hoofman onthef.Koning skors Mandla Mandela, Nuus24, besoek op 7 Julie 2013
Nelson Mandela is op 15 Desember 2013 op Qunu begrawe.Dringende interdik teen Mandla Mandela gevra, Nuus24, besoek op 28 Junie 2013
Fotogalery
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Nelson Mandela; Long Walk to Freedom: The Autobiography of Nelson Mandela; Little Brown & Co; (sagteband, 1995)
Eksterne skakels
Ligging van Qunu op interaktiewe kaart Meer oor die Nelson Mandela-museum te Qunu
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap