Publius Ovidius Naso (20 Maart 43 v.C. – 17 of 18 n.C.), algemeen bekend as Ovidius, was ’n Romeinse digter wat veral bekend is vir die Heroides, Amores en Ars Amatoria, drie groot versamelings erotiese gedigte, die Metamorfoses, ’n mitologiese heksametergedig, die Fasti, oor die Romeinse kalender, en die Tristia en Epistulae ex Ponto, twee gedigte wat hy in ballingskap aan die Swartsee geskryf het. Hy het ook ’n verlore tragedie, Medea, en ander kleiner werke geskryf.
Kategorie:Geboortes in 43 v.C. Kategorie:Griekse mitologie Kategorie:Mense in die 1ste eeu v.C. Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Romeinse digters Kategorie:Sterftes in 17