duimnael|260px|regs

Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.

Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.

Geografie duimnael|200px|links|’n Paartjie in tradisionele klere. Sergei Prokoedin-Gorski, omstreeks 1907 tot 1915. duimnael|200px|links|Bote vaar op die Soelakrivier in die Soelakcanyon. Dit is die diepste canyon in Europa. Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.

Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Bazardüzü, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.

Demografie Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Die volgende volke woon in Dagestan: Avars, Dargins, Koemiks, Lezgins, Nogai, Rutuliërs, Russe, Tabasaranins en ander volke. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolking Moslems.

Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.

Ekonomie Die volgende sektore word onderskei: 24% nywerheid 35% landbou 26% konstruksie 9% handel en dienste 5% vervoer en telekommunikasie 1% ander

Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russiese republieke