200px|regs|duimnael|Mynhardt in die 1958-opvoering van The School of Scandal deur die NTO. duimnael|regs|230px|Siegfried Mynhardt se inskrywing in die program van die NTO se produksie van Die Vrek van 1951.
Siegfried Mynhardt, alombekend as Siegie (5 Maart 1909 – 29 Maart 1996), was ’n bekende Afrikaanse toneelspeler. Hy het sy loopbaan in 1929 onder Hendrik en Matilda Hanekom in die toneelstuk Onskuldig Veroordeel begin en daarna lid geword van die geselskappe van Paul de Groot en André Huguenet.
Mynhardt het in meer as 500 toneelstukke opgetree, asook in talle rolprente en TV-flieks. Hy het tot voor sy dood op 87 nog toneelgespeel.Veteraan Siegfried Mynhardt op 80 Die teater bly Siegie se eerste en laaste liefde , Die Burger, 4 Maart 1989 Een van sy laaste groot rolle was op 79 in Die Houtbord, waarvoor hy met ’n Artes bekroon is as beste akteur.
Loopbaan Mynhardt het hom in die dertigerjare by die Old Vic-teatergeselskap in Londen aangesluit, maar hy het na Suid-Afrika teruggekeer toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek. Tydens die oorlog het hy, Lydia Lindeque en ’n klompie ander akteurs in Noord-Afrika opvoerings vir Suid-Afrikaanse soldate gehou.
In 1947 was hy een van die stigterslede van die Nasionale Toneelorganisasie. Hy het daarna vir die Engelse geselskap van Truk in toneelstukke soos Heartbreak House, The Affair, Child's Play, The Miser en Hadrian VII gespeel, en daarna vir Kruik. In 1972 het hy en die akteur Michael Mayer vir ’n opskudding gesorg met waarskynlik die eerste gay soen op die Suid-Afrikaanse verhoog in die dramaturg Robert Kirby se Gentlemen.Doktorale proefskrif wys rol van gay teater uit, Die Burger, 19 Oktober 1999
Van Mynhardt se silwerdoek- en TV-prente sluit in: Oom Willem en die Lord (die eerste Afrikaanse TV-prent), Dingaka, Debbie, Moeder Hanna, Die Klimop en die Kersietuin, Troudag van Tant Ralie, Rienie, Kootjie Emmer, Daar Kom Tant Alie, Majuba, Dr. Kalie, Danie Bosman, Tekwan, Die Houtbord, Ingqumbo Yeminyanya (Wrath of the Ancestors), Dans van die Flamink, asook die internasionale rolprent The Emissary.
Sedert sy vrou se dood in 1981 het hy alleen in Johannesburg gewoon. Hy is op 29 Maart 1996 op 87 dood nadat hy in ’n koma gegaan het.
Pryse Mynhardt het in sy lewe verskeie pryse ontvang, onder andere die koningin se kroningsmedalje vir sy diens aan die Suid-Afrikaanse teater in die jare vyftig, die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1957, die Stewart Leith-trofee minstens twee keer as beste akteur in ’n besondere jaar (in die jare sestig en sewentig), die Orde van Voortreflike Diens in die goud-klas (1989)SP vereer Siegfried Mynhardt vir diens , Die Burger, 26 April 1989 en in dieselfde jaar die Artes vir beste akteur.Dieselle anderste storie van die Artes , Die Burger, 29 April 1989
Filmografie As akteur: Blind Justice, 1990 Auf Achse (TV-reeks), 1983 Rienie, 1980as Gysbert (Oom Gytjie) Kootjie Emmer, 1977 Die vlindervanger, 1976 Daar kom tant Alie, 1976 as kol. Brown Die Troudag van Tant Ralie, 1975 Funeral for an Assassin, 1974 as regter William Whitfield Tant Ralie se Losieshuis, 1974 Dans van die Flamink, 1974 as Oom Jurie Die Bankrower, 1973 Stop Exchange, 1970 Lied in My Hart, 1970 Danie Bosman, 1969 Majuba: Heuwel van Duiwe, 1968 as Philippus Du Toit Dr Kalie, 1968 as Kalie Muller Jy is My Liefling, 1968 as Du Toit The Cape Town Affair, 1967 as Fenton The Second Sin, 1966 as regter Debbie, 1965 as mnr. Malan Tokoloshe, 1965 Dingaka, 1964 as regter Rip van Wyk, 1959 as repeterende akteur Paul Krüger, 1956 as President Burgers Die Skerpioen, 1946
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Sterftes in 1996 Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu