Hendrik Andries Hanekom (17 Julie 1896 – 11 Januarie 1952) was ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Hy was getroud met Matilda Hanekom (gebore De Beer) en hulle het ’n dogter, Tilana, gehad.
Hendrik het sedert 1912 toneelgespeel, onder andere in sy 1915-toneelstuk Heldinne van die oorlog.Die Burger In 1925 het hy en Mathilda Die Afrikaanse Toneelspelers, ’n Afrikaanse toneelgeselskap wat 27 jaar bestaan en die land vol getoer het, gestig. Van die stukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Liefde en geldsug, Hans die skipper (deur D.F. Malherbe), Oom Paul (deur Calman Postma), Oorskotjie, Generaal De Wet (ook deur Postma) en Die stille haard. Hulle het ook saam met Paul de Groot toneelgespeel in stukke soos Huis-toe en As mans huishou.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.Die Burger
Hendrik Hanekom is in op 11 Januarie 1952 op die ouderdom van 55 oorlede.
Filmografie Lig van 'n Eeu, 1942
duimnael|links|230px|Die spoorwegwa waarmee die De Groot-Hanekom-geselskap in 1926 met Huistoe gereis het.Agter vlnr, Henri Steenkap, Maxie Botha, André Huguenet, Anna Marais, Hendrik Hanekom en Wena Naudé.Voor: Matilda Hanekom en Paul de Groot.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1896 Kategorie:Sterftes in 1952 Kategorie:Afrikaners