Mathilda Hanekom (Prins Albert, 9 Desember 1899 – Pretoria, 6 Januarie 1977) was ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Sy was getroud met Hendrik Hanekom en hulle het ’n dogter, Tilana Hanekom, gehad.
In 1925 het sy en Hendrik Die Afrikaanse Toneelspelers, ’n Afrikaanse toneelgeselskap wat 27 jaar bestaan en die land vol getoer het, gestig. Van die stukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Liefde en Geldsug, Hans die Skipper, Oom Paul, Oorskotjie, Onskuldig Veroordeel, Generaal De Wet en Die Stille Haard.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.Hanekoms vandag nog onthou, Die Burger, 24 Januarie 2002 Ná Hendrik se dood in 1952 het Mathilda voortgegaan met toneelspel.
duimnael|links|Toneel uit die toneelstuk: Ek onthou vir Mamma. Die drie moeders met hul drie dogters – almal saam in een N.T.O.-geselskap wat Ek onthou vir Mamma in 1954 opgevoer het. Die stuk het 'n jaar op die pad gebly. Links agter: Wena Naudé en voor haar Nilo, haar dogter. Middel: Elsa en Bobbette Fouché. Regs: Mathilda en Tilana Hanekom.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Sterftes in 1977 Kategorie:Afrikaners